Successfully reported
+18

Elta’s Haven

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eersterivier Road, Skuitbaai Estate, Eersterivierstrand, 6309, Oos-Kaap
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Elta's Haven is 'n gerieflike en stylvolle selfsorg-vyfslaapkamerhuis wat pragtig geleë is met besonderse see-uitsigte. Hierdie huis is op die seefront op die Skuitbaai Landgoed teen die Tsitsikamma-kus.

Die veilige landgoed spog met prentjiemooi fynbos, 'n 9 putjie-gholfbaan met 'n klubhuis en geriewe vir troues en onthale. Die klubhuis het 'n volledig toegeruste gimnasium, tennisbane, 'n kroeg en etes word daar bedien.

Elta's Haven het nou 'n batterystelsel wat rugsteunkrag tydens beurtkrag voorsien sodat ligte en TV's kan werk.

Die huis het 5 slaapkamers. Daar is 2 slaapkamers wat elk 'n koninggrootte-bed het, 2 slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed het en 'n vyfde slaapkamer met 'n enkelbed en 'n stapelbed. Daar is beide bad- en stortgeriewe beskikbaar.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus en lei na 'n oopplan-sitarea met 2 TV's. Daar is 'n binnebraai, kaggel en Jacuzzi. Daar word ’n beperkte hoeveelheid braaihout aan gaste verskaf. Die Jacuzzi kan aangeskakel en voorberei word vir gaste wat langer as 2 nagte oorslaap en beloop 'n addisionele fooi. Die Jacuzzi word nie gedurende Junie, Julie en Augustus aangeskakel nie.

Vir ontspanning is daar 'n pooltafel, asook tafeltennis.
Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring, maar alle beddegoed en badhanddoeke word voorsien.
Die huis is nie beskikbaar vir enige partytjies soos bachelors/bachelorettes/matriekvakansies, ens nie.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 5 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

5

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Warmbad
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Annelize P
Saam met lewensmaat
5.0
‘n Plek om te onthou en terug te gaan! Pragtige huis op 'n pragtige plek! Fantastiese plek reg teen die see om tyd as 'n gesin deur te bring met 'n pr...
Sien meer
Okt 2025
Goodwill G
Gesin met klein kinders
5.0
Puik kliënte diens! Baie lekker gebly, rustigheid vir die siel en mooiste uitsig!
Apr 2025
Patrick H
Saam met vriende
5.0
Stil en rustig en gerieflik en goed en smaakvol ingerig. Fantastiese verblyf met elke moontlike gerief.
Jan 2025
Peet S
Saam met vriende
5.0
Fantastiese en aangename ondervinding, sal vir seker weer teruggaan. Sien sterre.
Des 2024
John L
Saam met vriende
5.0
Kan omtrent nie lekkerder en mooier bly nie. Absoluut perfek gebly en alles het aan alle verwagtinge voldoen! Ook baie lekker golf gespeel op die prag...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Elta Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 29

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Eersterivier Road, Skuitbaai Estate, Eersterivierstrand, 6309, Oos-Kaap
  • Gaste dink Elta’s Haven het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 000
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 5 000
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eersterivier Road, Skuitbaai Estate, Eersterivierstrand, 6309, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd2c4194f4542cd773939666058d87bf1a1a662ba8796fe1206994c0b0b8c62c00fb50e8dec9c7e83dfe190be92676e309833?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8) 26 5 1 5 Eersterivier Road Skuitbaai Estate 6309 Oos-Kaap 021 201 8901 13:00-18:00 10:00 -34.074293551939 24.228513

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang