Successfully reported
+31

Erika

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Protea Street, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 650 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Erika is 'n gerieflike huis op 'n meervlakkige eenheid wat met 2 ander woonstelle op die onderste verdieping gedeel word. Dié 2 woonstelle, Annie's en Fagan's, kan apart of saam bespreek word. Hiér sal jy amper so tuis soos by jou eie huis voel.

Erika het 3 dubbelslaapkamers, 'n groot kombuis, en 'n ruim sitkamer- en eetkamerarea met pragtige see-uitsigte. Dis net 500 m vanaf die swemstrand en 200 m vanaf die winkelsentrum en restaurante. Erika is stapafstand van al Struisbaai se besienswaardighede.

Erika is in 'n groot fynbostuin met 'n grasperk geleë wat dit lekker rustig maak. Daar is 'n dubbelslaapbank en 'n enkel-divan in die sitkamer wat dié eenheid perfek maak vir 7 gaste.

Erika het 2 badkamers. Die een badkamer het 'n bad, 'n wasbak en 'n aparte toilet en die ander een het 'n toilet, 'n wasbak en 'n en suite-stort.

Die ruim kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n vierplaatstoof en 'n oond, 'n mikrogolfoond, 'n outomatiese wasmasjien en oorgenoeg kombuistoebehore.

Die gerieflike, ekstra groot sitkamer is perfek vir luilekker kuier saam met 'n klomp vriende. Daar is 'n platskerm-TV met 'n skottel en 'n OVHD-dekodeerder. Gaste kan hul eie DStv-dekodeerder saambring. Erika het vinnige onbeperkte vesel-WiFi beskikbaar en 'n UPS om Wi-Fi te verskaf selfs wanneer daar kragonderbrekings is.

Daar is 'n groot beskutte binnehof met wasgoedlyne en 'n waskamer met 2 wasmasjiene.

Erika is teen 'n skuinste geleë. Die ingang is op die grondvloer, maar die voorste gedeelte van die huis is op die boonste verdieping. Die 2 kleiner woonstelle, Fagan en Annies, is onder die voorste gedeelte van die huis. Dié woonstelle het elkeen slaapplek vir 4 gaste en kan apart of saam met Erika bespreek word sodat die hele eenheid slaapplek vir 15 gaste het.

Erika is perfek vir 'n gerieflike vakansie!

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Kaggel
Braai

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Eben E
Gesin met klein kinders
5.0
Family's house. Baie nice, lekker rustig.
Sep 2025
Cathlene S
5.0
Was nice om te kon kuier met die family. Ons het 'n wonderlike naweek by Erika deurgebring, als was nice, sal definitief weer Erika kies.
Mrt 2025
Chalize W
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Ek het die tydjie geniet. Die gasheer is so nice.
Okt 2024
Magdalena M
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Dit is nog die beste vakansiehuis wat ons gekry het. Dit is privaat en veilig, netjies en ruim. Dit is so lekker.
Mei 2024
Marius L
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Baie lekker gewees en waarde vir geld.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Anna-Marie Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 243

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • 10 Protea Street, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Erika het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 650
per nag, vir 10 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 650
per nag, vir 10 mense
Vanaf
R 2 650
per nag, vir 10 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Protea Street, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM2MTFkZmQyLWVmODgtNDc0NS1iZjNhLTY2Y2EwYzM0ZWQ4NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 650 per nag, vir 10 mense 30 5 1 5 10 Protea Street Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.801681929888 20.048718452454

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang