Successfully reported
+41

Esmarline Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 863, Mamogaleskraal, Brits, 0250, Noordwes
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Esmarline Lodge is sowat 5 km van Brits af op die Wagpospad en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of 'n vriendegroep op soek na 'n rustige wegbreek, of vir reisigers op soek na oornagverblyf.

Die lodge beskik oor 12 ruim suites wat aan alle gaste se behoeftes sal voorsien. Daar is 1 wittebroodsuite, 4 koningingrootte-slaapkamers wat ideaal is vir paartjies, 3 kamers wat elkeen 2 driekwartbeddens het, 2 selfsorg-suites met dubbelbeddens, en 2 selfsorgeenhede met 3 slaapkamers elk wat perfek is vir gesinne.

Elke slaapkamer het 'n TV met DStv en koffie- en teemaakgeriewe.

Gaste het ook toegang tot 'n sprankelende swembad om in af te koel op die warm somersdae.

Daar is 'n funksielokaal reg langs die gastehuis met plek vir tot 100 afgevaardigdes. Dit maak Esmarline Lodge die ideale keuse vir spesiale geleenthede en konferensies.

Die gastehuis bied maklike toegang tot die dorp en is naby die nodige geriewe en Wagpos Hoërskool indien gaste in die omtrek is vir sportgeleenthede.

Kom geniet die rustige plaasatmosfeer saam met familie en vriende, of rus so bietjie voor jy die langpad verder aandurf op pad na jou vakansiebestemming.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 51 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
3.8
Waarde vir geld
3.9
Diens
4.4
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Liezel E
5.0
Great, secured and helpful staff. Very friendly staff and helpful. Security is top notch.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Cornelia H
5.0
Uitstaande diens en gasvryheid. Baie dankie vir jul gasvryheid, vriendelikheid en hartlike verwelkoming. Abe se hulp met aanwysings om daar te kom, vo...
Sien meer
Apr 2025
Thea V
Saam met lewensmaat
5.0
Kon vroeg inboek. Groot pluspunt omdat ons van ver af kom. Lekker gebly. Sal dit aanbeveel.
Okt 2024
Anell D
5.0
Die tasbare stilte is lafenis vir enige moeg reisiger se siel. Vriendelike, stil omgewing.
Sep 2024
Lize G
Saam met lewensmaat
4.8
Waarde vir geld - uitstekend. Dit is ongelooflik mooi en netjies. Ons het tuis gevoel en 'n heerlike ontbyt geniet die volgende oggend.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 51

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Plot 863, Mamogaleskraal, Brits, 0250, Noordwes
  • Gaste dink Esmarline Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 863, Mamogaleskraal, Brits, 0250, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQzMTA4MDk3LTlkMjUtNDk1MC04MjEzLTA5MmQ5MmMyNmY4MA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 51 5 1 5 Plot 863 Mamogaleskraal 0250 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.577095 27.784893
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang