Evergreen Lodge
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Corner of Bosman & Murray Road, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Vanaf R2 600 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Evergreen Lodge is in die skadu van eeueoue Eikebome gebou en word omring deur asemrowende uitsigte oor die berge en wingerde. Die gastehuis is in die hartjie van historiese Stellenbosch geleë, is 'n maklike 4 minute stappie vanaf die middedorp en slegs 2 minute vanaf die universiteit, botaniese tuine en die konservatorium.
Die gastehuis bied 3 knus kamers. Elke kamer beskik oor 'n privaat ingang, en suite-badkamer, TV en 'n yskassie. Die kamers is ingerig om 'n gemaklike rusplek te bied vir moeë reisigers en besige sakemanne. Die gastehuis is so ingerig om die styl en prag van hierdie Victoriaanse villa te behou.
Nadat jy aan ons stywe ontbyt gesmul het, kan jy langs die swembad ontspan of 'n opwindende dag van verkenning in Stellenbosch se eikeboom-strate deurbring. Gaste kan ook gemoedsrus geniet, want ons voorsien veilige parkering vir voertuie.
Stellenbosch het talle pragtige voorbeelde van Kaap-Hollandse en koloniale argitektuur, kunsgalerye, antiekwinkels en museums. Die dorpie word omring deur talle pragtige wynplase en dis die ideale basis vanwaar jy die hele gebied kan ontdek. Kaapstad, Tafelberg, Robbeneiland, Paarl, Franschhoek, die asemrowende strande van Strand, Gordonsbaai, die Walvisroete en 10 top-gholfbane, is almal tussen 15 en 50 minute se ry van Evergreen Lodge af.
Neem asb. kennis dat rook in die kamers verbode is en dat geen troeteldiere toegelaat word nie.
Jou gashere, Riel en Christina sien uit om jou by Evergreen Lodge te verwelkom.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Riel & Christina Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 78
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Corner of Bosman & Murray Road, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Gaste dink Evergreen Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Corner of Bosman & Murray Road, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang