Evert-Rust
Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 15 Okt 2025 tot 5 Des 2025.
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2088 Olifant Drive, Marloth Park, Malelane, 1321, Mpumalanga
-
Vanaf
R880R660 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Evert-Rust is 'n selfsorghuis in Marlothpark en bied 'n Bosveldbestemming aan 'n gesin of groep vriende. Dis ideaal vir natuurliefhebbers wat daguitstappies na die Krugerwildtuin wil onderneem. Die Krokodilbrughek na die wildreservaat is net 25 minute se ry van die huis af.
Evert-Rust beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en lugversorging. Daar is 'n dubbelslaapbank en 'n enkelbed in die leefarea. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware toegerus.
Gaste kan hul maaltye by die etenstafel met sitplek vir 6 gaste geniet. Daar is braaigeriewe en 'n plonspoel.
Die Bushveld Atlantis Waterpark & Putt-Putt, winkels en die Bos Restaurant & Bar is net 500 m ver en dis stapafstand van die huis af. Die Krans-uitkykpunt wat 'n uitsig oor die Krokodilrivier bied is 2,3 km van die huis af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Bad, Toilet
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Martie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 2088 Olifant Drive, Marloth Park, Malelane, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Evert-Rust het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2088 Olifant Drive, Marloth Park, Malelane, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang