Falcon Crest
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 09:00
- Adres: 4 Tyger Falls Boulevard, Tyger Waterfront, Bellville, 7550, Wes-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
            Falcon Crest is in die Tyger Waterfront naby die Tygervallei Winkelsentrum, Virgin Active en die hoofkantore van verskeie groot maatskappye. Kort- of langtermynverblyf is beskikbaar en die eenheid is veral geskik vir sakereisigers en toeriste. 
Die woonstel bied 'n uitsig oor die meer en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 2 wasbakke. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en maak van 'n aparte badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak gebruik. 
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, stoof, mikrogolf, 'n wasmasjien, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. 
Die leefarea het 'n rusbank, 2 stoele, 'n slim-TV met WiFi en Netflix en lei na 'n balkon met 'n tafel en stoele. 
Die kompleks het 24 uur-sekuriteit en toegangsbeheer. Veilige onderdakparkeerplek vir 1 voertuig is by die prys ingesluit. 
Die Tyger Waterfront bestaan uit eksklusiewe, kommersiële en residensiële eiendom. Die ontwikkeling is sentraal in Kaapstad, naby strande, die Wynlande en net 1 km vanaf die N1.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Riaan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 9
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 4 Tyger Falls Boulevard, Tyger Waterfront, Bellville, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink Falcon Crest het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 09:00
- Adres: 4 Tyger Falls Boulevard, Tyger Waterfront, Bellville, 7550, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang