Successfully reported
+24

Fancy Free Fly Fishing Retreat

Selfsorg
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dullstroom Road, N4, Machadodorp, 1170, Mpumalanga
  • Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Fancy Free Fly Fishing Retreat is 260 km vanaf Johannesburg, sowat 2 en 'n half uur se ry, in 'n pragtige vallei tussen Belfast en Waterval Boven.

Die lodge word omring deur die berge en valleie wat so eie aan die Laeveld is.

Hierdie pragtige selfsorg-eenhede bied al die geriewe wat gaste vir 'n onvergeetlike wegbreek benodig.

Daar is 3 houthuisies waarvan 2 oor die damme uitkyk. Elke hut het 'n en suite-badkamer, sitkamers, eetarea en 'n volledige kombuis. Al die huisies het kaggels en DStv-koppelpunte. Gaste moet net hul eie dekodeerder en slimkaart bring.

Verder het elke houthuisie 'n boma waar gaste onder die sterrehemel kan braai.

Al die huisies is na forelvlieë vernoem. Matuka bied slaapplek aan 6 tot 10 gaste, en Invicta en Marabou het albei slaapplek vir 4.

Kunsvlieghengelaars kan uitsien na reënboogforel, bruinforel en baars. Daar is 10 pragtige damme om van te kies - 3 baarsdamme en 7 foreldamme. Slegs vang-en-vrylaat word toegelaat. Kunsvlieglesse is op versoek beskikbaar en visstokke kan gehuur word.

Ander doendinge sluit bergfietsry, voëlkyk en 'n speelparkie met 'n klimraam vir die jongspan in. Daar is ook 'n dek en 'n swembad waar gaste waar gaste kan sonbaai, en 'n privaat piekniekplek langs 'n waterval.

'n Skoonmaakdiens is teen 'n ekstra koste per dag beskikbaar.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Vaughn Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Dullstroom Road, N4, Machadodorp, 1170, Mpumalanga
  • Gaste dink Fancy Free Fly Fishing Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 900
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 900
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dullstroom Road, N4, Machadodorp, 1170, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY0MmZmZTRiLTk4MTktNDlmYi04NTZiLTVlYzNmZjhmODkyZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 Dullstroom Road N4 1170 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.602173 30.208662
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang