Farmhouse Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R40 Barberton Road, Board 41 Gate 2, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Farmhouse Cottage is sowat 8 km buite Mbombela (Nelspruit) op die Barbertonpad geleë en bied 'n rustige plaas-ervaring. Dit is ideaal vir 'n gesinswegbreek buite die stadsgewoel.
Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na die sitarea wat gemaklike sitplek en 'n TV met Disney Plus het. Gratis WiFi word voorsien. Die kothuis het 'n klein ononderbroke kragtoevoerstelsel wat die WiFi en TV gedurende beurtkrag kan aandryf. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 4.
Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakhoutdek met 'n etenstafel en daar is braaigeriewe in die groot tuin. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die kothuis is naby Chimp Eden, Pumbaa Wildpark, Barberton Natuurreservaat, Kaapschehoop en die Krugerwildtuin geleë.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Kerry Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- R40 Barberton Road, Board 41 Gate 2, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
- Gaste dink Farmhouse Cottage het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R40 Barberton Road, Board 41 Gate 2, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang