Feathers Guest House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 51 Leipoldt Street, Gholfsig, Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Feathers is 'n unieke gastehuis in die lui dorpie Middelburg, Mpumalanga. Dit is langs die Middelburg Country Club and Golf Estate geleë. Hier word gaste bederf met puik akkommodasie en diens.
Ons het 'n hele aantal slaapkamers en 'n en suite-tuinkothuis elkeen met sy eie ingang. Van die kamers het kombuisies en ander het 'n mikrogolf, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan kies tussen koninggrootte-beddens, dubbelbeddens en selfs 'n gesinskamer. Die tuinkothuis het 'n grasdak en is privaat en afgesonder en kyk uit oor die swembad en die luisterryke tuin. Die kothuis het ook 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolf en koffiemaakgeriewe. Die en suite-badkamer is toegerus met 'n bad.
Dit is 'n lieflike opstal in 'n vreedsame plattelandse omgewing waar gaste voorsien word van uitmuntende gasvryheid, luuksheid, gerief en fynproewerskos. Die atmosfeer is minsaam en luuks, besoekers kan ontspan in die verhitte swembad gedurende die somer terwyl hul luister na die getjilp van al die voëltjies wat ons pragtige, eksotiese tuin besoek.
Gaste word nie net bederf met 'n hartlike verwelkoming nie, daar is 'n groot verskeidenheid verblyf-opsies: van selfsorg tot fynproewersontbyte en -aandetes. Middagete-pakkies is ook beskikbaar op versoek.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Elsa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 51 Leipoldt Street, Gholfsig, Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Gaste dink Feathers Guest House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 51 Leipoldt Street, Gholfsig, Middelburg, 1050, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang