Successfully reported

Fifty1 on Long

Selfsorg

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.0
Veiligheid
5.0
Moira T
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jan 2024

Asemrowend netjiese rustige atmosfeer. Ek wil vir julle baie dankie sê vir 'n wonderlike verblyf by Fifty1 on Long wat ons kon beleef. My familie is in ekstase; ons het ons verblyf terdee geniet. Ek wil die seen van ons Hemelse Vader oor julle spreek. Mag Fifty1 nog vele mense in oorvloed akkommodeer. Mag net goedheid en guns hierdie verblyf volg. Be blessed and stay blessed. Moira en familie vanaf Kathu, Noord-Kaap️.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Henk T
Kort verblyf
4.4
Mei 2025

Baie mooi en lekker huis. Ons het die huis baie geniet en het alles gehad wat ons nodig gehad het. Ons voel asof Theresa te min hulp het of te veel werk, want ons het gesukkel voor die tyd om finale betaling te maak en die dag wat ons moes inboek was ons al by die hek, maar geen kodes ontvang nie. Theresa het wel terwyl ons daar gebly het onmiddellik na ons teruggekom as ons hulp nodig gehad het by die hek. Die hek was 'n probleem, want masjiene werk nie altyd nie en een middag moes ons 20 min wag voordat ons na ons huis kon ry. Ons beveel egter die huis sterk aan - dit was lekker om daar te bly.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Theresa
Fifty1 on Long
Beste Henk, Baie dankie vir julle terugvoer. Ek wil net graag bevestig dat julle bespreking via die besprekingsplatform gedoen is, en dat alle betalings, verlengings van verblyf, asook bevestigings uitsluitlik deur hulle hanteer moet word. Sou julle dus langer wou bly, kan dit direk via die besprekingsplatform aangepas en betaal word. Hulle tree in hierdie geval as julle agente op – nie ek nie. Enige verdere navrae of versoeke moet dus asb. met die besprekingsplatform opgeneem word. Wat betref incheck: Alle inligting vir incheck word op die oggend van aankoms ná 10:00 gestuur, en glad nie vroeër nie. Dit is omdat ons spesifieke WhatsApp-groepe gebruik wat eers daardie oggend geaktiveer word, en omdat daar gewoonlik nog gaste in die huis is tot en met hul uitcheck. Kingswood Landgoed laat eers formeel incheck toe vanaf 15:00. Dis ook die tyd wanneer ons die hek- en slotkodes ontvang. Indien ons onverhoops nie die kodes betyds ontvang nie, sal die sekuriteit by die hek julle skakel en toegang verleen. Daar is streng sekuriteitsprotokolle in plek om alle inwoners en gaste se veiligheid te verseker. Hierdie reëls is vooraf met julle gedeel en is ongelukkig buite my beheer – ek het nie die mag om dit te verander nie. Ek hoop hierdie verduideliking bring duidelikheid. Baie dankie vir julle begrip en samewerking. Vriendelike groete, Theresa

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Theresa Geverifieer

Eiendomme 16

Resensies 56

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf
R 6 242
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 6 242
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 6 242
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 51 Longbridge Road, Kingswood Golf Estate, George, 6530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2370ec6f9c3f8235b3c054cd30c1e46c441a0a0103d3426b90d03e9504c229a4d8cb8f583e3f58c737f178098324df27baa6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 242 per nag, vir 8 mense 2 5 1 5 51 Longbridge Road Kingswood Golf Estate 6530 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.9586887 22.4332092

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang