Successfully reported

Figtree Joy Victor Smith

Selfsorg

Resensies

3.4/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
3.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
3.0
Veiligheid
4.0
Deon D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.4
Feb 2025

Sal nooit die plek vir iemand aanbeveel nie, NOOIT! Nee, ek het 'n paar probleme gehad. Die straatnommer van die huis kan jy net in die dag sien. Dit is 'n dowwe, donker teken op 'n donker baksteen muur sonder enige beligting! Daar is sekuriteitsligte, maar hulle werk nie. Ek het 'n elektriese hek by die straat verwag, maar dis 'n ou, gebuigde hek wat jy elke keer in en uit moet klim. Daar is nie 'n opwasbak in die "kombuis" nie. Geen afdrolappe ens. nie. Net 1 stoel by die tafel! Die bed is nogal lendelam en gewoonlik sal dit 'n King Size wees, maar hierdie was 'n gewone dubbelbed. Die handdoekreeling in die badkamer val een kant uit die muur uit, en die een wasbakkraan is in sy maai; hy draai in die rondte. Die dakwaaier lyk maar sleg, met plek vir 4 ligte, maar net twee ligte, en hulle is nog verskillend van mekaar! Die ceilingtrap in die badkamer is al seker 70 keer oop en toe gemaak, en was nie gesluit met die 2 slotte nie, en nog nooit oorgeverf nie. By die trappies op is daar geen handvatsels om jou te help nie, en jy moet baie versigtig wees om dit te gebruik. Groot misverstand, want op die "die webtuiste" advertensie is daar nog 'n woonstel wat baie meer modern is, maar dit word adverteer onder die een wat ons gehad het. Ons vermoed die een kamer en badkamer loop uit ons kamer uit, maar dit is gesluit!

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Laetitia
Figtree Joy Victor Smith
Goeie dag, Ek wil graag 'n paar punte verduidelik. Die buurt is veilig en gegoed, en ek het dit ook op Google Maps verifieer. Die huis is gebou met rooi klinkersteen, wat duidelik sigbaar is in die fotos. Die meerderheid van die eiendomme het geen omheining nie, wat dui op 'n veilige omgewing. Ons hek is in uitstekende toestand, al is dit nie elektries nie, en die GPS lei presies na ons voordeur. Die 2-slaapkamer eenheid word as 'n oornag kamer geadverteer, sonder kookgeriewe, en daar is 'n tafeltjie met stoele. Die bed is 'n dubbelbed, soos beskryf, en die dakwaaier het 'n self-laaibare lig vir beurtkrag. Die huis is nie 'n dubbelverdieping nie, en die trappe lei net van die parkeerarea na die voordeur. Ons alarmstelsel verseker die eiendom. Die oornag kamer het 'n yskas, mikrogolf, toaster, en airfryer, maar geen stoof of opwasbak nie. Ek is jammer dat die gas nie die kamer aanbeveel nie, maar ek fokus steeds op die positiewe. Seënwense.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.8/5

Laetitia Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 7

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
R 950
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 37 Victor Smith Street, Rooirivier Rif, George, 6529, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA78278a2e715836a95abd3e84bb2744def76ab8b46ed96e71436a2fb79c0d930795a903fc0b9a098e2a5c64acf664297ee995?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 1 5 1 4 37 Victor Smith Street Rooirivier Rif 6529 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.9706249 22.4412058
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang