Successfully reported
+13

Flamboyant 10

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 69 Mckenzie Street, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Hierdie selfsorg-eenheid is in die Flamboyant Vakansiewoonstelkompleks in St Lucia geleë. Die eenheid is in die hartjie van hierdie bekoorlike kusdorp met verskeie puik restaurante, winkels en geriewe binne stapafstand.

Die eenheid het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed. Die tweede slaapkamer bevat 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Die gedeelde badkamer is ingerig met 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond, eetgerei, breekware en 'n kis vrieskas. Die sitkamer beskik oor lugversorging, gemaklike rusbanke en 'n TV met Open View.

Daar is 'n braaiplek buite met 'n patio-eetstel. Die eenheid het ook 'n enkelmotorhuis beskikbaar.

Tydens beurtkrag is daar 'n omsetter wat die TV, ligte en waaiers aan die gang hou. Sodra beurtkrag verby is sal alles weer normaal funksioneer.

Gaste kan ook gebruik maak van die gemeenskaplike swembad en braai-area.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

1 x Dubbelbed

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 104 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Lyria V
Saam met vriende
5.0
Very pleasant stay. Very enjoyable. Place very clean. We reported a few things to the rental office for improvement of facilities, of w...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Johan N
5.0
Fantasties gewes. Baie lekker gebly en die bestuurder van die plek was baie vriendelik en was altyd behulpsaam.
Aug 2025
Stefan V
Saam met lewensmaat
4.8
Gemaklik, veilig, lekker sentraal, skoon. Gemaklike verblyf in die middel van die dorp, alles wat jy gaan nodig hê vir die paar dae. Niks fancy nie, m...
Sien meer
Sep 2025
Susan B
Saam met lewensmaat
4.8
Was net wat ons nodig gehad het, rustigheid. Baie lekker gebly, sal enige tyd weer daar boek.
Jun 2025
Dalene S
4.6
Sielsverkwikkend. Ja, dit was baie lekker gewees.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Mary Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 366

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 69 Mckenzie Street, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Flamboyant 10 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 800
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 1 800
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 69 Mckenzie Street, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9ec27e93f47df261abebc6bd0be6fad427c5a3362f4487b9ac6232afc7b4ac47efb0117fd14e90794e8830cab0416884db3c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense 104 5 1 5 69 Mckenzie Street St Lucia 3936 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -28.375977 32.411492

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang