Successfully reported
+68

Flamingo Bay Manor

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 175 Flamingo Bay, Meerensee, Fisherhaven, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R12 420 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Flamingo Bay Manor skuil in die gesogte oord Flamingo Bay in Fisherhaven wat 8 km vanaf Hermanus geleë is. Dit is die ideale bestemming vir 'n gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n wegbreek naby die see.

Dié moderne huis beskik oor 5 slaapkamers en 5 badkamers en bied slaapplek aan 10 gaste. Die eerste 2 slaapkamers is ingerig met 'n koninggrootte-bed en elkeen het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die derde slaapkamer is ook ingerig met 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die twee oorblywende slaapkamers is elk ingerig met 'n koningingrootte-bed en albei beskik oor en suite-badkamers met 'n stort.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitkamer wat met gemaklike rusbanke en 'n TV gemeubileer is, en 'n volledig toegeruste kombuis toegerus met 'n dubbeldeur-yskas-vrieskas, gasstoof, oond en mikrogolf. Boonop is die huis toegerus met die nuutste sonkragtegnologie vir 'n off-the-grid-oplossing tydens beurtkrag, wat 'n ononderbroke kragtoevoer deur die hele eiendom verseker.

Die huis spog ook met 'n sauna en 'n bioskoopkamer, kompleet met knus sitplek en 'n moderne vermaakstelsel. Gaste kan buite stap in die tuin, omring deur melkhoutbome, en 'n duik in die verfrissende plonspoel neem of in die uitnodigende borrelbad wegsink, wat die ideale geleentheid vir ontspanning bied. Om gaste se ervaring te verbeter, bied Flamingo Bay Manor ook kano's vir gaste om op die strandmeer te geniet.

Die dakdek bied 'n asemrowende uitsig en dien as 'n fantastiese vermaakarea. Geniet onvergeetlike sonsondergange of sterrekyk-aande saam met jou geliefdes. Veilige parkeerplek, gratis WiFi en braaigeriewe is ook beskikbaar. Die oord is die tuiste van flaminke, wilde perde, uile en 'n ryk voëllewe.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 5 Badkamers, 5 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Kaggel
Braai
Warmbad

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Emiley Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 6

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 175 Flamingo Bay, Meerensee, Fisherhaven, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 12 420
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 12 420
per nag (plek vir 10)
Vanaf
R 12 420
per nag (plek vir 10)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 175 Flamingo Bay, Meerensee, Fisherhaven, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAca450ee126071a80dcb9ba0166d240c193cf70733a621797ad97933f1e3058163637f0d6ab7b5a901a70467860b564adc038?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R12 420 per nag (plek vir 10) 175 Flamingo Bay Meerensee 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.365041548593 19.110298015071
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang