Fleur du Soleil Luxury Guesthouse
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 16 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 7A van Riebeeck Street, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Vanaf R6 958 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Fleur du Soleil is in die hartjie van Franschhoek, wat informeel bekend staan as die wyn- en koshoofstad van Suid-Africa. Dit is ideaal geleë om al die wynareas van die Wes-Kaap te verken en is 75 km vanaf Kaapstad en 30 km vanaf Stellenbosch.
Hierdie eiendom het omsetters en word nie deur beurtkrag geraak nie.
Fleur du Soleil bied 5 luukse suites. Elke suite word daagliks skoongemaak en het lugversorging, ’n koning- of koningingrootte-bed, ’n en suite-badkamer, ’n haardroër, kluis, eetarea, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, peuselhappies, WiFi en ’n TV met die volle DStv-pakket.
Met aankoms kry gaste ’n glas vonkelwyn of vars vrugtesap. Hulle kan in die hoofsitarea of kroegarea ontspan terwyl personeel hulle bagasie by hul suite aflaai. Die sitarea en kroeg lei na ’n onderdakstoep met ’n swembad, sonstoele, en verskeie sitareas. Gaste kan skemerkelkies in die tuin rondom die swembad geniet. Daar is veilige parkeerplek op die perseel.
’n Vol, gekookte a la carte-ontbyt is ingesluyit en word om die swembaddek in ’n bistro-styl of in die suite bedien. Alles wat bedien word is vars, plaaslik gegroei in die vallei of landgoed, word daagliks gekry van die kruietuin, was nog nooit gevries nie en het nie enige preserveermiddels, MSG, kleurmiddels, mieliesiroop, sodium nitraat/benzoaar of enige ander middels bygevoeg nie.
Die verblyf is naby die hartjie van Franschhoek, wat bekend is vir restaurante, kroeë en verskeie kurio- en kunswinkels. Daar is ’n lieflike Sondagmarkie en van die bekendste wynplase in Suid-Afrika.
Gaste kan in Franschhoek gholf speel, hengel, perdry, stap en voetslaan. Gaste kan die lieflike sonsondergang by Fleur du Soleil geniet.
Daar is verskeie daguitstappies na die beste wynlandgoedere in die wêreld, sowel as wildreservate om in die oggend, middae of aande op ’n safari te gaan. Die Kaapse Skiereiland en Tafelberg is van die besienswaardighede binne ’n uur vanaf Fleur du Soleil.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Anton Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 7A van Riebeeck Street, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Gaste dink Fleur du Soleil Luxury Guesthouse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 16 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 7A van Riebeeck Street, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang