Forword's River Lodge
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1 Pearl Road, Abbotsford, East London, 5201, Oos-Kaap
- Vanaf R650 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Forword's River Lodge is op die oewer van die Nahoon-rivier in Abbotsford in Oos-Londen. Gaste kan in rus en vrede ontspan met die gekwetter van voëls in die omgewing. Forword's River Lodge bied gerieflike B&B-verblyf en bied maklike toegang tot eetplekkies, 'n Spar en kroeë.
Verblyf word in 4 en suite-gastekamers gebied. Elke kamer het 'n TV, yskassie, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Strykyster en 'n strykplank is ook beskikbaar. Ontspan op 1 van die bankies of by 1 van die tafels in die tuin met 'n koppie tee of koffie en geniet die vreedsame omgewing. 'n Varsgemaakte ontbyt kan elke oggend geniet word.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en gaste kan in die swembad afkoel. Doendinge in die omgewing sluit voetslaan en visvang in. Die perseel se ligging bied toegang tot die N2, Hemingways Mall, Beacon Bay Retail Park en Crossing Shopping Complex. Die ligging is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Forword's River Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 18
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 1 Pearl Road, Abbotsford, East London, 5201, Oos-Kaap
- Gaste dink Forword's River Lodge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1 Pearl Road, Abbotsford, East London, 5201, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang