Successfully reported

Fraaiuitsig Guest Farm

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Wessel V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Mrt 2025

Rus vir jou siel op Fraaiuitsig Gasteplaas. Een van die lekkerste kuiers vir 'n 50ste verjaarsdag! Vir 'n beter gasheer en gasvrou kan een nie vra nie. Met die aankoms het dit gevoel of ek familie groet wat ek lanklaas gesien het. 'n Groter bederf was die vars (rou) plaasmelk en turksvye wat vir ons aangebied was. Die huis het alles wat enige vakansieganger nodig het en daar is geen tekorte aan enige kombuistoerusting nie. Fyn detail soos die handseep en room in die badkamers asook die sjokolade in elke kamer was 'n duidelike bewys van ons gasvrou se finesse en die vlak waarop sy na haar gaste omsien. Die huis maak voldoende voorsiening vir kragstuwing. Weereens is dit 'n opsie om te oorweeg as jy net lafenis vir jou siel wil hê. Nogmaals dankie vir 'n aangename, ontspannende week op julle plaas.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ina
Fraaiuitsig Guest Farm
Wessel, julle was die vriendelikste gaste en het dadelik soos familie gevoel. Die slegte verspoelde pad was 'n uitdaging met al die reën wat ons gehad het; ten spyte daarvan was julle steeds vol smiles en humor. Dankie daarvoor! Julle het reeds soos familie gevoel, so kom kuier gerus weer op Fraaiuitsig. Soos ek gesê het, Fraaiuitsig groei op elke mens en is verseker 'n weggesteekte juweel.

Kristof A
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Sep 2024

Baie gerieflik en vriendelike gasteplaas. Los hande, een van die lekkerste plekke waar ek al gebly het. Daar is wel 'n stewige grondpad.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Ina
Fraaiuitsig Guest Farm
Kristof, so bly julle het lekker gebly. Kom gerus weer.

Loureze M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2023

Wonderlike kuierplek met alles van die beste. Gasvryheid van die beste. Eienaars gaan uit hul pad om te help. Het selfs dit wat ons vergeet het gekoerier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ina
Fraaiuitsig Guest Farm
Dankie Niekie vir jou pragtige resensie, julle is so welkom. Was so lekker om julle as familie te ontmoet. Julle is so hegte familie en ons het die passie opgemerk hoe elkeen se smaak en voorkeure voor die tyd bespreek is. Net jammer die vis wou nie byt nie. Dankie vir die opruim van die huis. Min mense los die opstal so netjies. Kom gerus weer kuier!

Massimo D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2023

Very tranquil farm, far away from hustle and bustle. Very quiet and tranquil venue.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ina
Fraaiuitsig Guest Farm
Thank you for staying with us.

Sj S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Mei 2023

Rustige plaasverblyf in 'n gemaklike huis met vele geriewe. 'n Groter TV-skerm is ongelukkig 'n moet in vandag se samelewing, veral in 'n land wat daar rugby gekyk word op naweke. Staproetes vanaf die huis met voetslaanaanduiding en kaart sal 'n welkome aktiwiteit wees by die huis.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ina
Fraaiuitsig Guest Farm
Nuwe TV is ingesit. ‘n Groot verbetering. Baie dankie daarvoor. Ons sal in die somer werk daarvan maak om die voetslaan tekens aan te bring.

Alexis S
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jan 2022

Lieflike stap op teen die berge. Lekker ou plaashuis met alles wat mens nodig het. Ons is geïnteresseerd in plante en voëls en die ongereptheid van die omgewing van die berge het die ervaring soveel meer bevredigend gemaak. En om so totaal weg te kom. Geen Vodacom nie! En die stilte is die grootste weelde.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ina
Fraaiuitsig Guest Farm
Baie dankie vir die pragtige resensie. Ja ons is bevoorreg om hierdie pragtige stukkie goud met so baie te deel. Elkeen ervaar dit anders maar kom telkens terug. Fraaiuitsig groei op elke mens. Ons is baie bly julle het dit geniet. Ons sien uit na julle volgende kuier.

Mario F
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Mrt 2022

Plattelandse gasvryheid. Pragtige uitsigte oor die omliggende landskap. Mooi ou plaashuis en baie stylvol oorgedoen. Die tipe stilte en rustigheid vind mens by min plekke.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annatjie N
Kort verblyf
4.6
Des 2022

Rustig en net mooi alles wat jy nodig het of aan kan dink. Daar is meer as waaraan jy kan dink om jou verblyf baie lekker te maak. En ons het almal die pooltafel so geniet!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Janine L
Kort verblyf
5.0
Sep 2021

Fantastiese plaaswegbreek Ons was 'n groot groep van familie en vriende en ook nog 'n hond of twee wat saamgegaan het. Daar is baie slaapplek en alles is baie netjies en stylvol. Die tieners en jonger kinders het die pooltafel en die tafeltennis baie geniet en nooit eers by die TV-kyk uitgekom nie. Jy moet rondloop om sein te kry, maar dit het ons gepas. Bettie het kom skoonmaak elke dag wat 'n ekstra bonus vir ons was. Die skuur met die groot kombuis en eettafel was 'n wenner vir ons groep van 17 mense. Daar was absoluut niks wat ons gekort het nie en ons het selfs meer as 4 liter plaasmelk gekry asook beskuit en koffie. Ons het die berg gaan uitklim - baie steil, maar vir die fikses die klim werd en toe sommer in die diere se krip afgekoel. Die pad vanaf Vrede is baie sleg a.g.v groot slaggate en is so 35 km van grondpad waarvan seker 15 km sleg is. Jy moet verkieslik met 'n bakkie hier ry. Ons skoonseun het met 'n Polo gery wat 'n ekstra uur by sy rytyd gesit het. Daar is 'n ou boks-TV met klomp DVDs vir die kinders asook DStv. 'n Lekker plaasdam om in te kan swem in die somer sal hierdie bestemming perfek maak. Baie dankie vir julle gasvryheid Ina!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ina
Fraaiuitsig Guest Farm
Janine, dankie vir die mooi resensie oor Fraaiuitsig. Ja ons is bevoorreg om Fraaiuitsig te deel met so baie mense. So baie mense het al gesê Fraaiuitsig het ñ rustigheid wat op jou groei, die natuur, mooi uitsig en die berg. So bly julle het dit geniet. Kom kuier sommer gou weer.

J D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Apr 2021

Beautiful farm, great place to stay with family and friends and great value for money. This is such beautiful farm, great place to stay with family and friends. It is exceptionally clean, it have great customer service and definitely great value for money. There is lot you can do: you can go for walks, go for bicycle rides, play pool. I would recommend this beautiful farm to everybody.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
R 6 600
per nag, vir 22 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 6 600
per nag, vir 22 mense
Vanaf
R 6 600
per nag, vir 22 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fraaiuitsig Farm, Vrede, 9835, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8b29e639639b457ec4528a4c4bae81f2d728666f5fb9ae162d2d8a63cd06fc8e838c9e914a50138718715026313c4b4bcd4b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 600 per nag, vir 22 mense 13 5 1 5 Fraaiuitsig Farm Vrede 9835 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -27.407004492324 29.434773623943
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang