Francolin Creek
- Kapasiteit: 35 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm Dipkraal, Heilbron, 9650, Vrystaat
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Francolin Creek is op 'n plaas tussen Heilbron en Frankfort in die noordelike Vrystaat geleë. Dis 'n absolute oase wat die toonbeeld is van 'n samesmelting van egte Suid-Afrikaanse geskiedenis en moderne akkommodasie.
Hierdie plaas word besit en bestuur deur 'n familie wat verblyf in 14 dubbelkamers - almal met en suite-badkamers - aanbied. Verder is daar ook 4 safari-tente met slaapplek vir 8 gaste. Indien al die kamers beset is en al die gaste deel, is daar in totaal slaapplek vir 36 gaste by Francolin Creek. Daar is oorgenoeg geriewe in elke kamer om te verseker dat jy warm en knus is as die yskoue winter toesak.
Gaste kan smullekker, tradisionele plaaskos geniet wanneer hulle by die gastehuis bly. Andersins is daar 'n selfsorgopsie beskikbaar vir gaste wat in die tentekamp bly. Die lodge het 'n knus wynkelder, Cattleman's-kroeg, 2 sitkamerareas met knetterende kaggelvure en 'n volle funksie-venue vir groter groepe. Aangesien die lodge op 'n enorme Vrystaatse plaas geleë is, kan gaste uitsien na ongelooflike uitsigte en 'n pragtige omgewing. Daar is verskeie voëlspesies op die plaas en veral die Kaapse fisant, oftewel Francolin, is volop hier. Dit is altans waar die plaas sy naam gekry het.
Die lodge is 'n ideale wegbreekplek vir vriende of familie wat gehaltetyd saam wil deurbring en tog die nodige privaatheid in gerieflike kamers wil geniet. 'n Smullekker plaas-ete met die wonder van 'n Vrystaatse donderstorm in die agtergrond is die atmosfeer wat hier heers. Wildritte kan vooraf gereël word waartydens gaste verskeie boksoorte kan sien. Dit sluit gemsbokke, springbokke, waterbokke, blesbokke, hartebeeste en sebras in. Ander doendinge sluit fietsry en staproetes in. Ander doendinge sluit bergfietsry en staproetes in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Elize Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Farm Dipkraal, Heilbron, 9650, Vrystaat
- Gaste dink Francolin Creek het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 35 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm Dipkraal, Heilbron, 9650, Vrystaat
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang