Successfully reported

Frere Gastehuis

Gastehuis

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Baie goed

Netheid
4.8
Ligging
3.8
Waarde vir geld
4.3
Diens
3.8
Veiligheid
4.5
Jo-ané V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Lekke. Baie! Dis veilig, netjies, rustig en mooi.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Riaan L
1 nag Gesin met tieners
4.8
Mei 2024

Lekker. Baie lekker gebly. Sal vir seker aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Antoinette B
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Mei 2025

Skoon, netjies, modern en mooi ingerig, maar slegte grondpad, veral na reën. Goed ingerigte kamer met al die nodige geriewe. Gasvrou was baie akkommoderend. Die troue wat ons bygewoon het, het 14:00 begin en was baie behulpsaam en bereid om ons vroeër te laat inboek om te verklee. Enigste negatiewe punt is die grondpad soontoe. Dit het onlangs gereën en die grondpad was by plekke bykans onbegaanbaar. Amper vasgesit in die modder ten spyte van die feit dat ons 'n SUV het.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Gavin M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.0
Sep 2024

Frustrerend en onvoldoende. Frere is skoon en netjies en die omgewing pragtig. Dit wil egter voorkom of hulle nog jonk is in die gasvryheidsbedryf, want ons het maar min persoonlike gasvryheid en warmte ervaar tydens 'n yskoue naweek. Die plek is baie basies toegerus en nie geskik vir gaste in erge koue weer nie. Daar was geen warmkombers nie, maar net 'n klein waaier verwarmer, geen matte weerskante van die bed nie en van die vensters kon nie behoorlik toemaak nie. Boonop het 'n buitelig in die kamer ingeskyn, en helaas, geen oproep om te vra of ons okay is te midde van die erge koue wat vanaf 20-22 Sep 2024 Suid-Afrika oorval het nie. Na 'n oproep om uit te vind hoe die TV werk, het ons ervaar dat ons pla. Verder is daar net een stoel om op te sit. Van jou goed sit jy neer op die vloer, omdat daar nie genoeg neersitplek is nie. Jy betaal ook indien jy kamerdiens benodig. Daar is nog nie behoorlike gras voor die huis nie, so ons moes deur modder stap om by die motor uit te kom om ons troue die Saterdag by Smitsfield by te woon. Die plek het baie potensiaal, maar daar is 'n paar dinge wat aandag benodig.

Netheid
4.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Charne Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 5

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: G7RH+8M5, Farm Koolbank, Lothair, Ermelo, 2351, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAac3536da086cad3e8aa1cb41c6f7de68223bdfa8dee501b81c1249c00c006a67942be4dddd79554e9932fc4ba92fd9f5bd43?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 G7RH+8M5 Farm Koolbank, Lothair 2351 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -26.459493677031 30.279559899597
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang