Successfully reported
+24

Frog Mountain Getaway

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 5 of Farm 149, Buffeljagsrivier, Swellendam, 6742, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Frog Mountain Getaway is 'n unieke plaas 18 km vanaf Swellendam en slegs 2 en 'n half tot 3 ure se ry vanaf Kaapstad. Die plaas is weggesteek in 'n groen vallei aan die einde van 'n plaaspad. Die ligging is asemrowend en is reg teen die berge.

Dié familieplaas is 'n natuurliefhebbersparadys met ongerepte natuurskoon op die drumpel. Hiér kan gaste in rotspoele swem, watervalle besoek, voetslaan, swem en op die pragtige Buffeljagsrivier wat deur die plaas kronkel roei. Daar is ook 'n kinderspeelarea, 'n glybaan, 'n visdam en 'n labirint.

Frog Mountain Getaway is volledig toegerus vir selfsorg en bied verblyf in 6 verskillende huise vir klein of groot groepe. Die plaas kan 24 volwassenes en 24 kinders in totaal akkommodeer. Verblyf word in 3 netjiese, grasdakrondawels gebied wat 'n egte Afrika-gevoel bied. Dis geskik vir paartjies of 'n gesin en bied 'n uitsig oor die groen velde waar die Nguni-beeste wei. Daar is ook 'n kothuis met slaapplek vir 8, 'n groot dubbelrondawel met slaapplek vir 10 gaste en 'n eksklusiewe plaashuis met slaapplek vir 12 wat 'n privaat swembad en pragtige berg- en velduitsig het. Al die huise het privaat tuine, braaigeriewe, vuurputte en houtvuurwarmbaddens.

Frog Mountain is die ideale naweekwegbreek vir gesinne of gaste wat wil ontspan. Dis 'n stil, rustige plaas waar jy met die gesing van voëls wakker word en met die melkweg bekoor word. Gaste mag dalk blesbokke, otters, rooikatte en verskeie voëlspesies hier sien. Daar is ook honde, katte, donkies, perde en beeste op die plaas.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Karin D
Saam met lewensmaat
5.0
As jy 'n natuur liefhebber is, is dit die ideale wegbreek. Ons het die naweek verskriklik geniet. Rivier, kano's, stap na waterval en rotspoele naby e...
Sien meer
Okt 2025
Odette C
Saam met lewensmaat
5.0
Cosy getaway in the mountains. We spent a lovely 3 days at Frog Mountain Getaway. The accommodation was clean with all amenities needed...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Louis K
Gesin met klein kinders
4.8
Beautiful. We had an amazing stay at Grog Mountain. The serene surroundings and hot tubs made it well worth it!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Simon H
4.8
Lovely stay in a rustic cottage amongst beautiful surroundings. The cottage was clean and well appointed. We had everything we needed. ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Leela C
Saam met lewensmaat
4.6
Lovely, silent, restful: would recommend. The dogs loved it, the waterfall and river highlights. The private wood-fired hot tub in the ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Gabriella Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 10

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Portion 5 of Farm 149, Buffeljagsrivier, Swellendam, 6742, Wes-Kaap
  • Gaste dink Frog Mountain Getaway het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 950
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 5 of Farm 149, Buffeljagsrivier, Swellendam, 6742, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAH9rlzRop9HyCFFh7zmUamiHWoMtkRxxxc3Ma7Dt7NkR7OROM47?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 950 per nag, vir 2 mense 9 5 1 5 Portion 5 of Farm 149 Buffeljagsrivier 6742 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.000397746545 20.601666253373
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang