Successfully reported
+20

Amazing Modern Cube House

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 41 Voëlklip Avenue, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Amazing Modern Cube House is 'n ultra-moderne, minimalistiese huis in die rustige kusdorpie Jongensfontein. Dit bied gerieflike vakansieverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende en spog met gas- en houtskool-braaigeriewe, asook 'n kaggel.

Dié dubbelverdiepinghuis vir 4 gaste beskik oor 'n hoofslaapkamer op die onderste verdieping, en 'n dubbelbed op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaaparea vorm deel van die sitarea en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n groot yskas-vrieskas, mikrogolfoond, elektriese stoof en oond, skottelgoedwasser, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die sitarea het 'n gemaklike, L-vormige rusbank en 'n TV met die volle DStv-pakket en multimedia-koppelpunte. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die huis het 'n voorstoep en 'n toegeboude agterstoep met 'n gasbraai waar gaste saam etes kan voorberei en oor die dorp en see kan tuur.

Elke area in die huis spog met 'n see-uitsig en die huis is stapafstand vanaf die naaste strand. Daar is pragtige kunswerke van Suid-Afrikaanse kunstenaars teen die huis se mure. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Voor en ná elke besoek word die huis deeglik deur 'n span skoonmakers skoongemaak en ontsmet. Só word 'n skoon, vars huis vir 'n welverdiende ruskans verseker.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Leefarea

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 74 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Ailsa T
Saam met lewensmaat
5.0
A good rest, in comfortable surroundings with all mod cons. Ours was a ten-day stay during which we relaxed with the sound of the sea a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Alvin W
5.0
Quiet, private and very comfortable. The cube house is very private, quiet, clean and close to the walks next to the ocean. The kitchen...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025
Tertia D
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing. Baie lekker gebly. Baie mooi uitsig. Alles wat jy nodig het.
Apr 2025
Candice H
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing stay in a gorgeous little gem. We loved, loved our stay at the Amazing Modern Cube House. It was beyond our expectations. The h...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Anzel K
5.0
Uitstekende kuier, pragtige huis, goeie diens, en see-uitsig. Ons verblyf was ongelooflik! Die huis was pragtig en het alles gehad wat ons nodig gehad...
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Leo Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 142

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 41 Voëlklip Avenue, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Gaste dink Amazing Modern Cube House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 600
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 600
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 600
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 41 Voëlklip Avenue, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAac348e7e27eca12adbd6f21bdca2a66af51dc8ad946a6d88a64a206e0b57a6ef1d3d5598be36a2b2d892ed829baf444a974a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 4) 74 5 1 5 41 Voëlklip Avenue Jongensfontein 6675 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.422852574956 21.344147936176

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang