Garden Flat on 15th
- Kapasiteit: 4 persone
 - Alle ouderdomme is welkom
 - 
            
            
                Inkloktyd: 17:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 15th Avenue, Wonderboom South, Pretoria, 0084, Gauteng
 - Vanaf R550 per nag (plek vir 2)
 
Beskrywing
            Garden Flat on 15th bied gerieflike en bekostigbare oornag-eenhede in 'n stil woonbuurt in Pretoria. Die boomryke stad beskik oor 'n aantal natuurlike en kulturele besienswaardighede sowel as belangrike ou geboue en museums wat die moeite werd is om te verken.
Die bekoorlike, oopplan-tuinwoonstelle is op die eienaars se perseel geleë en bied slaapplek aan 2 gaste per eenheid. Onderdakparkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig.
Die eerste eenheid het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuis is elkeen toegerus met 'n groot yskas en 'n mikrogolfoond. Bykomende geriewe sluit gratis WiFi (vra asseblief vir die wagwoord), 'n privaat ingang en veilige parkeerplek in. Die eenheid het 'n TV met Showmax. Neem asseblief kennis dat geen DStv-kanale beskikbaar is nie.
Hierdie aparte, ruim rondawel is op die eienaar se perseel geleë en is ingerig met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. In die badkamer is daar 'n stort, toilet, wasbak en groot kaste. Ander geriewe sluit 'n groot yskas, mikrogolf en TV met Netflix of Showmax in. Die eiendom maak gebruik van sonpanele.
Die eenhede is naby skole, winkelsentrums en hospitale, soos Eugene Marais Hospitaal (3km), Steve Biko (6km) en Femina (5km). 
Pretoria spog met 'n verskeidenheid doendinge soos perdryroetes by die Voortrekkermonument, wildkyk by Premier Gamer Reserve, en tandem-valskermspring by die Pretoria-valskermspringklub.
Gaste moet hul eie handdoeke saambring.
        
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Nelmarie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 32
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 15th Avenue, Wonderboom South, Pretoria, 0084, Gauteng
 - Gaste dink Garden Flat on 15th het ’n baie goeie ligging
 
- Kapasiteit: 4 persone
 - Alle ouderdomme is welkom
 - 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 17:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 15th Avenue, Wonderboom South, Pretoria, 0084, Gauteng
 
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang