Successfully reported
+57

Garden House and Cottage

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 85 Cradock Street, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Garden House and Cottage is in die hoefyster van Graaff-Reinet in 'n stil laan langs een van die hoofstrate in dié geskiedkundige dorp. Die eiendom is 'n entjie se stap van winkels, museums en restaurante af.

Verblyf is beskikbaar in 'n huis en 'n kothuis, elk met 'n aparte ingang. Die Garden House het 3 en suite-slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het en daar is 'n vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Twee van die en suite-badkamers het 'n stort en die derde en suite-badkamer het 'n bad. Die huis het 'n ten volle toegeruste kombuis, 'n sitkamer met 'n kaggel, 'n privaat tuin en braaigeriewe. Verder is daar WiFi en lugversorging. Let asb. dat die bekoorlikheid van die eenheid aan ouderdom toegestaan kan word en gesien kan word in kenmerke soos die een badkamer wat langs die ou stal is (nou 'n motorhuis). Dit is bereikbaar deur 'n slaapkamer. Motorhuisparkeerplek vir 1 voertuig van 'n Fortuner-grootte word voorsien.

Die Garden Cottage is 'n ruim kothuis met 1 slaapkamer wat 'n dubbelbed het en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die groot oopplan-kombuis en -leefarea is ten volle toegerus en daar is 'n kaggel. Gratis WiFi word voorsien en die kothuis het 'n privaat ingang, 'n privaat stoep en 'n tuin. Toegang is via 'n kantgang in die hoofhuis. Gaste parkeer in die straat.

Die eienaars se plaas is net buite Graaff-Reinet en hier kan gaste voëlkyk, voetslaan, bergfietsry en skemerkelkies geniet indien vooraf gereël.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Swembad

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 101 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Charl H
Saam met lewensmaat
5.0
Was baie lekker. Baie lekker, dankie.
Sep 2025
Eddie V
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was heerlik. Stoele by eet tafel is swak. Motor stop ver van slaap plek. Pragtige plekkie!
Aug 2025
Anke S
Besigheidsreis
5.0
Absolutely lovely, thanks. Lovely. Everything you need - just the WiFi was an issue as we couldn't work from the cottage and needed to ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Sanet S
5.0
Pragtig plek. Baie mooi en groot huis. Baie spasie. Baie skoon. Ons het lekker gekuier.
Jan 2025
Klara C
5.0
Ons het ons verblyf by Garden House baie geniet. Garden House was heerlik ruim en die ou wêreldse gevoel was wonderlik.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Nilene Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 267

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 85 Cradock Street, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Garden House and Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 85 Cradock Street, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8c208c6bdd0ef3220301c19650b69388f3956c571eba2c7ca8d20c3b4dbbef85bf2d5dbdccc7383ff4990f2665dbdb103b23?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 101 5 1 5 85 Cradock Street Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 09:00 -32.253127504122 24.53264949927

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang