Successfully reported
+24

Gecko Cottages

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Church Street, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Gecko Cottages bied gerieflike verblyf in 2 selfsorg, uniek versierde kothuise in die middel van die dorpie Prins Albert, agter 'n ikoniese gebou. Die kothuise is in 'n gedeelde, skaduryke binnehoftuin met 'n plonspoel geleë. Al is hulle in die middedorp geleë, stapafstand vanaf winkels en restaurante, bied die kothuise privaatheid en vrede, ideaal om 'n luilekker middag met 'n goeie boek en 'n glas wyn deur te bring.

Die grootste van die 2 kothuise het 2 slaapkamers, albei met Franse deure wat na 'n privaat, skaduwee stoep oopmaak. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer en is toegerus met óf 'n plafonwaaier óf lugversorging. Die kothuis beskik ook oor 'n ruim, oopplan-kombuis en -sitarea wat uitloop op 'n skadu-stoep.

Die kleiner kothuis is 'n oopplan-ateljeekothuis met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die kothuis het lugversorging en het 'n houtstoof vir daardie koue winteraande. Die kombuis is toegerus met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond en 'n tweeplaatstoof en oond. Die kothuis beskik ook oor 'n skadu-stoep wat na die gedeelde ommuurde tuin met die gedeelde plonspoel uitkyk. Elke kothuis het toegang tot gratis WiFi en braaigeriewe

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 85 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Suset D
Gesin met klein kinders
5.0
Ongelooflik lekker. N oase na 'n lang rit. Die gasvrou en haar man doen regtig moeite om jou tuis te laat voel en loop daardie ekstra myl vir jou. Die...
Sien meer
Okt 2025
Diane G
Saam met lewensmaat
5.0
Great cottage in good locality. Gecko cottage suited us perfectly. Great location to walk to shops and restaurants and a quaint private...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Letticia S
Saam met vriende
5.0
Well located, comfortable, clean, quiet. Everything was perfect. The host was very accommodating.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Eric S
Saam met lewensmaat
5.0
Aan te beveel, baie gerieflike verblyf. Baie ruim cottage, goed ingerig en alles wat nodig is om jou tyd te geniet. Ons het tot 'n sakkie hout en fire...
Sien meer
Okt 2024
Kobus B
Saam met lewensmaat
4.8
Baie aangenaam! Baie sentraal, en gerieflik!
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Bryan & Judith Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 226

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Church Street, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gecko Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Church Street, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM2YzYwNmNmLTdhMTUtNGI4My04MmMyLTcwMThiZWMyMDg4Zg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) 85 5 1 5 Church Street Prince Albert 6930 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.223119296188 22.030224502087

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang