Gibson Lake
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1.5 km from the R543, Marina, Vrede, 9835, Vrystaat
- Vanaf R3 000 per nag, vir 10 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Gibson Lake bied gerieflike oornagverblyf op die oewer van die Marina net buite Vrede. Dis die ideale keuse vir 'n familievakansie met 'n lieflike uitsig oor die dam en weg van die stad se gedruis.
Hierdie eiendom bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens sowel as 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamers het 4 enkelbeddens en gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer. Die vierde slaapkamer het 'n konininggroote-bed en ‘n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Die eenheid het wit linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die verblyf het ook 'n leefarea met 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Komplimentêre tee, koffie, suiker, melk en beskuit word voorsien. Verder is daar 'n knus sitarea met 'n kaggel en gemaklike sitplek. Gaste kan etes by die etenstafel geniet. DStv en gratis WiFi is ook beskikbaar en daar is 'n pooltafel in die tweede sitarea.
Buite is 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en braaigeriewe. Die stoep lei na 'n pragtige tuin met sitplek in die skadu van 'n groot wilgerboom. Gaste het ook toegang tot die houtdek wat oor die water strek. Die dam grens aan die grasperk en word nie deur 'n heining geskei nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Jacolene Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 81
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 1.5 km from the R543, Marina, Vrede, 9835, Vrystaat
- Gaste dink Gibson Lake het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1.5 km from the R543, Marina, Vrede, 9835, Vrystaat
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang