Successfully reported
+17

The Stables @ Glenogle Farm

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 3
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: G9 Ebenezer Dam Road, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Vanaf R2 650 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

The Stables @ Glenogle Farm is 'n bekoorlike selfsorghuis tussen die denneplantasies in die pragtige bergagtige area, Magoebaskloof. Dit is op die skilderagtige Glenogle-plaas en spog met perde en 'n manjifieke privaat dam vol forel. Dit is tussen die perdestalle en padstal.

Dié luukse dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 4 gaste en 'n trap lei na die boonste verdieping met 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Op die onderste verdieping is 'n stylvolle, oopplan-leefarea met 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof en konveksie-mikrogolf toegerus is. Dit het basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n eetarea.

Die leefarea lei na 'n stoep en privaat tuin aan die een kant en die binnehof aan die ander kant.

September is die beste tyd vir 'n besoek, aangesien die landskap rondom die stalle dan pragtig is. Gaste kan visvang, 'n skemerkelkie op die dek by die dam geniet, of voor die kaggel met 'n glasie rooiwyn ontspan. Glenogle Plaas is 'n puik wegbreekplek vir almal wat na ontspanning en sielsverkwikking smag.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 84 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Jane M
Saam met lewensmaat
5.0
A truly beautiful, peaceful and comfortable spot in Magoebaskloof. We loved our stay at The Stables! A beautiful, peaceful setting on t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Lorette B
Saam met lewensmaat
5.0
Koud! Dit was ongelooflik koud gewees. Die kaggel onder is heerlik, maar die kamers bo is verskriklik koud. Alhoewel daar 'n warmkombers op die bed wa...
Sien meer
Aug 2025
Lukas D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties! Hoe minder mense hiernatoe gaan, hoe beter. Hierdie is ons geheim. Sien sterre.
Jun 2025
Lani R
Gesin met tieners
5.0
Asemrowend mooi! Ongelooflike mooi plek, rustig en luuks tussen die woude en azaleas (lente). Baie unieke verblyf met perde as bure. Die eenheid is kn...
Sien meer
Sep 2024
Alicia C
Saam met lewensmaat
5.0
Vars lug, stilte, sterre in die aand. Net wat mens nodig het. Pragtige gastehuis. Pragtige plek - het goed uitgerus!
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Glenda Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 105

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • G9 Ebenezer Dam Road, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Gaste dink The Stables @ Glenogle Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 650
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 650
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 2 650
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 3
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: G9 Ebenezer Dam Road, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY3ZjljMWUxLTYyNTAtNGE0My1hOGYzLWM1OWNkMGFmYzdiZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 650 per nag, vir 4 mense 84 5 1 5 G9 Ebenezer Dam Road Magoebaskloof 0730 Limpopo 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -23.903632876829 29.997976465026

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang