Successfully reported
+16

Golf Paradise

Selfsorg
Spesiale Aanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 7 Aug 2025 tot 12 Des 2025.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Brik Close, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7354, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 690 R2 460 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Golf Paradise is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis wat ideaal geleë is in die Langebaan Country Estate in Langebaan. Dit kan 'n wonderlike opsie wees vir 'n gesinswegbreek aan die Weskus, want hierdie huis bederf met 'n uitnodigende swembad.

Dié eiendom bied slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer wat gebruik maak van die derde badkamer wat ook 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die knus sitkamer het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met DStv.

Buite is daar 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir gaste om gehaltetyd te geniet terwyl die vuur brand. Gaste kan op daardie warm somersdae in die sprankelende swembad afkoel. Die eiendom bied ook veilige parkeerplek.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.0
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Albert Geverifieer

Eiendomme 63

Resensies 345

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 1 Brik Close, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7354, Wes-Kaap
  • Gaste dink Golf Paradise het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 690
R 3 690 R 2 460
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R3 690
R 3 690 R 2 460
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 690
R 3 690 R 2 460
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Brik Close, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7354, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA22b30743885ae6375e44e0c3c719b2211e6eb253dbed6326711cbe1199ba5fc0657abfaeabe8db4b498e1259c5531022d1d7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 690 nouVanaf R2 460 per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 1 Brik Close Langebaan Country Estate 7354 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -33.070558179063 18.04365197784
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang