Granada 102
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 77 Marine Drive, 102 Granada Building, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R850 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Granada 102 is 'n moderne selfsorgwoonstel in die veilige Granada-kompleks wat in die hartjie van Margate geleë is. Dit is net 50 m vanaf Margate se hoofstrand en naby 'n rits restaurante, kroeë, nagklubs en skemerkelkie-kroeë. Verder is dit 50 m vanaf 'n Wimpy en is naby 'n gimnasium, apteek en ander winkels en geriewe.
Die woonstel is geskik vir 6 gaste en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n TV en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolf, ketel, broodrooster en 'n skottelgoedwasser toegerus. 'n Strykyster en strykplank is beskikbaar. Die eetarea het 'n etenstafel vir 4 en die sitarea het 2 enkelslaapbanke, 'n plafonwaaier en 'n TV met OpenView HD-kanale. Die leefarea lei na 'n groot balkon met sitplek vir 8 gaste, 'n draagbare braai en 'n see-uitsig.
Twee veilige parkeerplekke word in die kompleks voorsien.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Bernadette Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 35
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 77 Marine Drive, 102 Granada Building, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 77 Marine Drive, 102 Granada Building, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang