Successfully reported
+138

Greyton Lodge

  • Kapasiteit: 34 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 52 Main Road, Greyton, 7233, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 650 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Greyton Lodge bied B&B-verblyf in Greyton, 'n bekoorlike dorpie net 'n entjie van Roete 62 af in die Wes-Kaap. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike, stylvolle verblyf naby verskeie aktiwiteite.

Verblyf word in 16 gastekamers wat almal en suite-badkamers het. Die kamers is ruim en elkeen is uniek ingerig. Elke kamer het 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens, 'n koningingrootte-bed of koninggrootte-bed en die badkamers beskik oor 'n stort of 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet. Die geriewe in hierdie kamers sluit in lugversorging en gratis WiFi, koffie- en teemaakgeriewe, 'n telefoon en badhanddoeke. Sommige van die kamers geniet privaat toegang tot die tuine.

Gaste kan 'n smullekker Kontinentale ontbyt in die eetarea geniet en die lodge het ook 'n gemeenskaplike sitkamer met 'n groot platskerm-TV met DStv, 'n kontantkroeg en 'n aparte biblioteek om te gaan verken. Greyton Lodge het ook 'n lieflike swembad waarin gaste kan afkoel gedurende die somer.

Vir die sakereisigers is die lodge ook ideaal. Ons maak voorsiening vir konferensies en funksies, dit sluit in 'n trou-venue, die eetarea het sitplek vir 40 mense en daar is oorgenoeg plek in die tuine vir meer as 100 afgevaardigdes.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir voertuie. Binne 'n paar minute se ry sal jy 'n hele rits aktiwiteite en besienswaardighede aantref. Daar is historiese geboue, restaurante en kroeë, kunsmarkte, bergfietsroetes, 4x4-roetes, tennisbane, gholfbane en nog baie meer vir die avontuurlustiges.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 99 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Hannes K
Saam met lewensmaat
5.0
Hendrik die eienaar is hands-on en run 'n amazing lodge. Ongelooflike verblyf.
Sep 2025
Oliver V
Gesin met klein kinders
5.0
Highly recommended. Very friendly service and accommodating. Will come again. Highly recommended. Very friendly service and accommodati...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Hayley G
Saam met lewensmaat
5.0
We will definitely be back, that should say it all. Staff were friendly and the lodge was beautiful and tranquil while still close to a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Mariette V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Dit was baie aangename verblyf met heerlike ontbyt. Baie vriendelike personeel.
Mrt 2025
Pieter J
Saam met lewensmaat
5.0
Verassend aangenaam. Lekker ruim eenheid gehad wat voldoende was vir die een aand wat ons vertoef het.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Hendrik Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 99

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 52 Main Road, Greyton, 7233, Wes-Kaap
  • Gaste dink Greyton Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 650
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 650
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 52 Main Road, Greyton, 7233, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA13f21b7b9aea959a779cc46c8ae44024b7bd8f96bedd4b873483868037628a49de3d44207a0091e3916086d00c887d4b0be7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 650 per nag, vir 2 mense 99 5 1 5 52 Main Road Greyton 7233 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -34.047452476762 19.611154943705
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang