Successfully reported
+32

Weskus Cottage @ Grootnek Guest Farm

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grootnek Guest Farm, Krakeel River, Joubertina, 6430, Oos-Kaap
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Weskus Cottage @ Grootnek Guest Farm is 'n bekoorlike selfsorg-eenheid op die skilderagtige Grootnek Guest Farm. Dit is in die lieflike Langkloofvallei langs Roete 62, tussen Joubertina en Krakeelrivier, geleë.

Weskus Cottage is 'n helder en lugtige kothuis met skoon, wit meubels wat perfek deur seeblou dekor gekomplementeer word. Die kothuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamer het 2 enkelbeddens elk. Die badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kothuis is met 'n gasgeiser en gastoebehore toegerus en beskik oor 'n kombuisie wat met 'n yskas, gasstoof, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel en 'n knus rusbank.

Lampe en kerse word voorsien om saans buite op die stoep onder die sterre te gebruik. Die stoep spog met 'n uitsig oor die boorde. Daar is ook braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel.

Gaste het toegang tot 'n rits aktiwiteite op die plaas soos voetslaan, baarshengel, 64 voëlspesies om te sien, sterrekyk, perde voer, vrugte soos pruime, perskes en pere in seisoentyd pluk, swem, 4x4-roetes en gholf, want die gholfbaan is net 6 km ver.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 118 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Maritza P
Saam met lewensmaat
5.0
Wegvoerend die stilte en natuurskoon. Dit was onbeskryflik lekker. Die rustigheid, veiligheid, netjiese omgewing en ons kon ons twee Jack Russells saa...
Sien meer
Sep 2025
Carel L
Saam met vriende
5.0
Skoon, mooi natuur, stil, rustig. Was lekker stil en natuurskoon en uitsig amazing.
Aug 2025
Dennisca H
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, rustig. Ons het 'n heerlike, rustige naweek gehad. Die uitsig is prentjiemooi.
Mei 2025
Diann C
Gesin met klein kinders
5.0
More than memorable. The accommodation and location were breathtakingly beautiful. The quietness and fresh air were well deserved. The ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Louis B
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker. Baie lekker, dankie. Daar is nie regtig iets om oor te kla nie.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Gawie Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 123

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Grootnek Guest Farm, Krakeel River, Joubertina, 6430, Oos-Kaap
  • Gaste dink Weskus Cottage @ Grootnek Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 700
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 700
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grootnek Guest Farm, Krakeel River, Joubertina, 6430, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGMwMGI4ZWE1LTg4MDQtNGQwNS1iYjkzLWZkY2U4OWY4ZjMyYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 118 5 1 5 Grootnek Guest Farm Krakeel River 6430 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.835434973631 23.77110567948

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang