Successfully reported
+202

Grootwaterval Farm Accommodation

  • Kapasiteit: 31 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grootwaterval Farm, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Vanaf R200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Grootwaterval is in die middel van die Karoo aan die voorheuwels van die Swartbergpas geleë, sowat 45 km van Prince Albert af. Die Grootwaterval plaasavontuur begin waar die teerpad eindig en die grondpad begin.

Die plaas bied gehalte verblyf vir 'n ontspanne wegbreek en is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.

Verblyf word aangebied in 2 selfsorg-kothuise en 'n ruim lodge vir groter groepe.

Die Gemsbok Kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed het en die ander een 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n rusbank met 'n uittrekbed in die leefarea, sowel as 'n ten volle toegeruste oopplan-kombuis.

Daar is onderdakparkeerplek langs die huis. Vir die helder sterre aande van die Karoo bied Gemsbok kothuis 'n 'hot tub' waarvan gaste gebruik kan maak teen ekstra koste, mits dit vooraf gereël word.

Die Ribbok Kothuis het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 'n oopplan-kombuis met 'n ou stoof, 'n klein sitkamer met 'n slaapbank, 2 slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed het en die ander een 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Op die stoep is daar braaigeriewe waar gaste onder die skadu van die ou akasia-bome kan kuier.

Beide kothuise het geen elektrisiteit nie, en is toegerus met sonpanele, slegs vir die ligte, en 'n yskas. Verder is daar 'n gasstoof, geysers en olielampe vir romantiese aande.

Die lodge is perfek vir 'n groep vriende of familie. Die ruim huis, wat 7 km van die plaashuis af is, het geen elektrisiteit nie en maak gebruik van olielampe vir lig.

In die hoofgebou is daar 'n oop-kombuis met alles wat gaste nodig sal hê, insluitend 'n yskas-vrieskas, gasstoof. Gaste kan lekker voor die knus kaggel ontspan in die winter.

Daar is 4 slaapkamers wat slaapplek bied vir 8 gaste in totaal. Twee van die slaapkamers het dubbelbeddens en twee het 2 enkelbeddens. Al die kamers het en suite-badkamers. Elke kamer kan via die stoep bereik word. Daar is vuurmaakplek en gaste kan lekker hiér ontspan.

Kom geniet die plaaslewe en pragtige Karoo-landskappe, 'n sterbelaaide hemelruim en skoon lug. Gaste kan in die daaglikse roetine van die plaas deelneem of dit te voet of met 'n bergfiets verken.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Jessica G
Saam met lewensmaat
5.0
Authentic, hospitable, beautiful and cosy getaway! Loved every moment. Narina and Danie are amazing hosts; they made the entire journey...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Hermien B
Saam met lewensmaat
5.0
Rustigheid. Baie lekker en rustige omgewing. Hier vergeet jy van alles en beleef net die natuur met al sy geluide. Twee vriendelike en gasvrye mense.
Apr 2025
Dawid M
Gesin met klein kinders
5.0
Vreeslik lekker gekuier. Heerlike kuier in die Ribbok huisie, sal beslis weer besoek. Met aankoms was daar 'n swembad ook opgeslaan wat nie op die fot...
Sien meer
Jan 2025
Lize T
5.0
Rus en vrede met natuur wat musiek maak en God wat die hemelruim verf! Karoo sonsak, vuurtjie wat kletter en wyn na 'n besige jaar is wat ek en my man...
Sien meer
Des 2024
Deon G
Gesin met tieners
5.0
Ongelooflik besonders. Absoluut fantasties. Vriendelike mense, so behulpsaam. En 'n ongelooflike ondervinding. Beveel dit vir enige gesin aan.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ismari Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Grootwaterval Farm, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Gaste dink Grootwaterval Farm Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 31 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grootwaterval Farm, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf06cb5f68b5706f828bb5d2f35c34996b42cc4fed48f38fe6e32341400c914ca4e672de1210f6a0f2d4ca3181c08cbe7170e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R200 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 Grootwaterval Farm Prince Albert 6930 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.99821 22.210356
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang