Halfkoord Accommodation
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2025 tot 31 Okt 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4 Halfkoord Street, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 730R1 298 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Halfkoord Accommodation bied selfsorgverblyf in 'n lieflike woonstel met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel in die hartjie van Kleinbaai. Dit is net buite Gansbaai geleë en is ideaal vir 'n wegbreek by die see, aangesien dit stapafstand vanaf die strand is.
Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n sitarea met gemaklike rusbanke, 2 enkelslaapbanke en 'n TV met DStv.
Buite is daar 'n lieflike tuin met 'n ingeboude braai. Die huis is naby die Kleinbaai-hawe waar hulle die bote vir walviskyk en haaihokduik te water laat.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
2 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Dan & Marianna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 4 Halfkoord Street, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Halfkoord Accommodation het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4 Halfkoord Street, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang