Successfully reported
+38

Halfway Rest

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 61 Coetzee Street, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Vanaf R875 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Halway Rest is in Middelburg in die Oos Kaap geleë en is die ideale oornagplek vir gaste op die N9- en N10-roete.

Halfway Rest bied 4 afsonderlike oopplan-eenhede met slaapplek vir 12 gaste in totaal.

Halfway Rest 1 het 'n koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n gasbottel, in geval van beurtkrag, en 'n eetarea toegerus. Koffie, tee, suiker en melk word ook voorsien. Die slaaparea het ook 'n TV met DStv en gratis WiFi. Daar is 'n waaier in die kamer, elektriese komberse op die beddens en lugversorging wat met 'n koopkragkoepon werk.

Halfway Rest 2 is 'n klein oopplan-eenheid met slaapplek vir 2 gaste op 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, ketel, yskas en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Koffie, tee, suiker en melk word ook voorsien. Die kamer het ook 'n TV met DStv en gratis WiFi. Daar is 'n waaier in die kamer, elektriese komberse op die beddens en lugversorging wat met 'n koopkragkoepon werk.

Halfway Rest 3 is 'n oopplan-eenheid met 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n gasbottel (in geval van beurtkrag) en 'n eetarea toegerus. Koffie, tee, suiker en melk word voorsien. Die slaaparea het ook 'n TV met DStv en gratis WiFi. Daar is ook 'n waaier in die kamer, elektriese komberse op die beddens en lugversorging wat met 'n koopkragkoepon werk.

Halfway Rest 4 is 'n gerieflike eenheid met 'n dubbelbed vir 2 gaste en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, yskas, braaipan, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n eetarea toegerus. Koffie, tee, suiker en melk word voorsien. Die slaaparea het ook 'n TV met DStv en gratis WiFi. Let dat die eenheid met 4 maklike trappe bereik word. Daar is ook 'n waaier in die kamer, elektriese komberse op die beddens en lugversorging wat met 'n koopkragkoepon werk.

Braaigeriewe, 'n bomakuierplek en veilige parkeerplek op die perseel beskikbaar. Daar is genoeg spasie vir 'n karavaan en 'n sleepwa. Daar is ook 'n watertenk met 'n pomp en 'n kragopwekker vir beurtkrag wat in die aand plaasvind.

Halfway Rest is stapafstand na restaurante in die dorp, 'n lekker stappie ná 'n lang dag op die pad.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 352 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Mandie M
Gesin met klein kinders
5.0
Great. Was super. Clean, safe.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Rayno B
Gesin met tieners
5.0
Happy, felt like home. Great stay. They really went the extra mile to accommodate us.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Heindricht S
Gesin met tieners
5.0
Marvelous. Our stay was worthwhile, exceptionally good.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Heindricht S
Gesin met tieners
5.0
Absolutely wonderful. Our stay was marvelous and our host was friendly, excellent, and helpful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Stephan D
Gesin met klein kinders
5.0
Gemaklik, skoon, prakties, netjies. Heerlik gebly. Tweede keer daar, regtig 'n lekker stop tussen Vrystaat en Tuinroete.
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Sonja & Pieter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 352

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 61 Coetzee Street, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Gaste dink Halfway Rest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 875
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 875
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 875
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 61 Coetzee Street, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQEMgKwWV69Wk4MtddhGtQOZw0UgakAfp7QRCiQ7e0sSARi0URw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R875 per nag (plek vir 2) 352 5 1 5 61 Coetzee Street Middelburg 5900 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 09:00 -31.496374084124 25.002979008598
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang