Haus Holzapfel
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6 Langenhoven Street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
- Vanaf R850 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Jou Duitse gashere, Marion en Zwingli, het 'n bekoorlike huis met 'n pragtige tuin geskep vir die oordeelkundige gas wat op soek is na luukse selfsorg- of bed-en-ontbytverblyf in 'n veilige en rustige omgewing. Ons is geleë in een van die mooiste areas in die Karoo.
Wittebroodgangers en diegene wat iets spesiaals soek, sal hulle verlustig in die eksklusiwiteit wat die suites bied. Haus Holzapfel bied 2 sonnige en helder suites, wat pragtig versier en gemeubileer is. Elke suite het sy eie ingang, klein sitarea, TV met sekere DStv-kanale, draadlose internet, lugversorging, ondervloerse verhitting en propadapters, asook 'n volledig toegeruste kombuisie met 'n yskas, mikrogolf, breekware, eetgerei en glasware. as 'n ketel en tee- en koffiemaakgeriewe.
Die badkamers is modern in styl met 'n toilet, wasbak en stort met natuurlike leiklipteëls. Handdoeke en toiletware word voorsien. Elke suite het slaapplek vir 2 tot 4 mense. Die eerste suite het 2 enkelbeddens en 'n groot slaapbank. Die tweede suite het 'n koninggrootte-bed en 'n ruim slaapbank. Die beddens is oorgetrek met 100% katoenbeddegoed, asook anti-allergiese duvets en kussings. Die en suite-dubbelkamer het 'n ekstra-lengte dubbelbed en het slaapplek vir 2 volwassenes.
Die patio lei na die pragtige tuin en na die soutwater swembad. Geniet 'n selfsorg Kontinentale ontbyt of manjifieke skemerkelkies in die privaatheid van jou eie patio, terwyl jy na die voëlgesang luister en verlustig in die vrede en rustigheid wat die omgewing bied. Van hier af kan jy ook die Swartberge op die horison sien.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Haus Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 152
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- 6 Langenhoven Street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
- Gaste dink Haus Holzapfel het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6 Langenhoven Street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang