HeadsView
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 45 Milkwood Drive, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Vanaf R1 399 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
HeadsView bied lieflike selfsorgvakansieverblyf in 2 woonstelle met sy eie ingange en is onder die eienaar se eiendom wat in die hartjie van Knysna geleë is. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n paartjie wat 'n wegbreek op die Tuinroete soek, aangesien hierdie woonstelle lieflike uitsigte oor die strandmeer het.
Dié woonstelle bied gerieflike slaapplek vir 2 gaste elk en beskik oor 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamers is albei ingerig met 'n koningingrootte-bed en die en suite-badkamers het 'n stort, wasbak en toilet. HeadsView 2 het 'n stort-oor-bad. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die knus leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. HeadsView 1 het ook 'n elektriese oond en 'n skottelgoedwasser. Hierdie ruimte het ook 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix en Disney Plus. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.
Albei eenhede maak oop op 'n gedeelde patio met sitplek, braaigeriewe (Weber) en 'n uitnodigende swembad wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Neem asseblief kennis dat die swembad, buitebraai-area, pooltafel, pergola-sitarea en grasarea met die eienaar gedeel sal word.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Daniel Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 10
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 45 Milkwood Drive, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Gaste dink HeadsView het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 45 Milkwood Drive, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang