Successfully reported
+63

Heartland Self-catering Accommodation

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 42 Boekenhout Avenue, Kampersrus AH, 1371, Limpopo
  • Vanaf R1 451 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Heartland Self-catering Accommodation bied 2 pragtig skoon eenhede en is in die rustigheid van 'n klein dorpie genaamd Kampersrus AH geleë. Die area is in die hartjie van die Laeveld geleë en is ongeveer 25 km vanaf Sentraal Hoedspruit en 53,5 km vanaf die Krugerwildtuin se Orpenhek.

Heartland Selfsorg Akkommodasie bestaan uit 2 gaste-eenhede, Mustang Room en Nguni Room. Mustang Room is meer geskik vir 'n paartjie aangesien die kamer ingerig is met 'n koninggrootte-bed en sy eie toegeruste kombuisie met 'n yskas, stoof, mikrogolf, eetgerei en tee- en koffiemaakgeriewe. Nguni Room is die gesinseenheid wat met 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens ingerig is. Die kamer het tee- en koffiemaakgeriewe en 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskas, stoof en mikrogolf.

Die gasteplaas bied gratis WiFi, sowel as 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe.

Heartland Self-catering Accommodation is die ideale basis vanwaar daguitstappies beplan word om die area se omliggende besienswaardighede te besoek, met skouspelagtige uitsigte oor Mariepskopberg in die verte.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 32 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Mary-Anne B
Gesin met tieners
5.0
Mooi, netjies en skoon. Heerlik gebly! Ons het baie lekker gebly! Die akkommodasie is netjies en skoon en het alles wat jy nodig het, en die uitsig om...
Sien meer
Sep 2025
Louis M
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en stylvol. Baie netjiese en stylvolle eenhede. Ons het in Nguni oorgeslaap wat pynlik netjies en skoon is. Groot dubbelbed met 2 enkelbedjies....
Sien meer
Aug 2025
Letitia D
Saam met lewensmaat
5.0
Gesellige bosveld-gees en gasvryheid. Ons het lekker gebly. Die reëlings rondom sleutels vir toegang was goed getref. Huisie is skoon, netjies, veilig...
Sien meer
Jul 2025
Albie F
Gesin met tieners
5.0
Lekker! Wat 'n aangename verrassing toe ons die deur oopsluit. Pragtige dekor, skoon en netjies met 'n oulike buite stort!
Jul 2025
Carina J
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasties. Heerlike, netjiese verblyf.
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Claron Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 32

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 42 Boekenhout Avenue, Kampersrus AH, 1371, Limpopo
  • Gaste dink Heartland Self-catering Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 451
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 451
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 451
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 42 Boekenhout Avenue, Kampersrus AH, 1371, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9f135c2c721e464151d587efe765924c37f8990bdaf0bb2033d3ba80c3d8e31aedad4f3d75c3e28857d7aea6bb76aa49e08f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 451 per nag, vir 2 mense 32 5 1 5 42 Boekenhout Avenue Kampersrus AH 1371 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -24.509073371154 30.892101773796

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang