Successfully reported
+15

Helena's Guesthouse

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 15 Robertson Street, Panorama, Kroonstad, 9449, Vrystaat
  • Vanaf R650 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Helena's Guesthouse is in die mooi en stil woonbuurt van Panorama in Kroonstad. Kroonstad is in 'n omgewing wat gekarakteriseer word deur oop ruimtes en 'n oorvloed en verskeidenheid plantegroei wat dit besonders maak. Dit is die ideale plek om te bly in die Vrystaat.

Hierdie lieflike grasdak-chalet met 1 slaapkamer is apart van die hoofhuis en het sy eie privaat ingang. Die eenheid het slaapplek vir 2 mense in 2 driekwartbeddens en het 'n en suite-badkamer met stort. Die kombuisie is toegerus vir selfsorg en het 'n yskassie, tweeplaatstoof en oondjie, elektriese braaipan, ketel en mikrogolf. 2 lugversorgingseenhede en vol DStv-geriewe is beskikbaar in die slaapkamer. Daar is 'n braai-area buite en veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. Die kamer word daagliks skoongemaak, behalwe oor naweke. Ons praat Afrikaans en Engels.

Die inkopiesentrum is 1,5 km van ons af en die Kroonpark Vakansieoord is 1 km weg. Die gholfbaan (18 putjies) is langsaan die Kroonpark Vakansieoord. Te danke aan sy gerieflike ligging langs die N1-snelweg tussen Johannesburg en Bloemfontein is Helena's Guesthouse 'n baie gewilde keuse vir oornagakkommodasie.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
DStv

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.3
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Anlizelle M
5.0
Dit was uitstekend. Die verblyf was baie aangenaam. Baie aangename verwelkoming gehad. Net 'n klein probleempie. Daar is onsettend baie swart goggas i...
Sien meer
Apr 2025
Elizabeth Johanna L
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtig sal weer daar tuisgaan. Baie lekker. Skoon met alles wat jy nodig het.
Feb 2024
Pierre Vd Westhuizen V
Besigheidsreis
4.2
Rustig stil omgewing. Sal weer gebruik. Sien sterre.
Sep 2025
Amanda T
Saam met lewensmaat
4.0
Aangename gasvrou en man. Laat mens regtig tuis voel. Stil omgewing. Schoon en netjiese slaapplek. Kan hom aanbeveel.
Apr 2025
Annamari K
4.0
Baie gerieflik. Baie lekker gebly. Kan dalk net die WiFi-wagwoord beskikbaar maak in die eenheid.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Helena Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 15 Robertson Street, Panorama, Kroonstad, 9449, Vrystaat
  • Gaste dink Helena's Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 650
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 650
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 15 Robertson Street, Panorama, Kroonstad, 9449, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAArR3smDL2KYkTkcIvAEQUBl5Q4jAtJWQGULxMWGzFHsvV80dNjz?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag, vir 2 mense 27 5 1 5 15 Robertson Street Panorama 9449 Vrystaat 021 201 8901 13:00-21:00 10:00 -27.675214487437 27.24797317791

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang