Herberg-Klein
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 11 Krom Street, Clarens, 9707, Vrystaat
- Vanaf R700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Herberg-Klein is in Clarens geleë en bied gehalteverblyf vir 'n klein gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.
Verblyf bestaan uit 2 eenhede. Hierdie eenhede kan apart of saam bespreek word en elkeen het sy eie ingang en WiFi.
Die Tuinkothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.
Die oopplan-kombuis beskik oor 'n tweeplaatstoof met 'n oond, 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, en eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n kaggel.
Die Rondawel het slaapplek vir 2 gaste en het 'n dubbelbed en stoele. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie beskik oor 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskassie, ketel, toonbank en stoele.
Daar is lieflike stoepmeubels en braaigeriewe beskikbaar vir gaste se gebruik tydens hul verblyf. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Dons Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 112
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 11 Krom Street, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Herberg-Klein het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 11 Krom Street, Clarens, 9707, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang