Successfully reported
+53

Highlander Trout Lodge

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Portion 83, Hartebeeshoek, Skeerpoort, 0232, Noordwes
  • Vanaf R2 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Highlander Trout Lodge is 'n werkende plaas wat in die Hartebeeshoekvallei skuil. Ons bied luukse selfsorg-akkommodasie in3 individueel-versierde kothuise. Dit is die ideale plek vir die kunsvlieghengel-entoesias of vir diegene wat net op soek is na 'n rustige wegbreek. Dit is net 45 minute van Pretoria en Johannesburg af.

Verblyf is beskikbaar in 3 kothuise wat die Kingfisher, Trout House en Hartebeest House insluit. Elke eenheid het 'n sitarea met 'n TV met DStv, 'n kaggel, eetarea, 'n kombuis wat ten volle toegerus is en 'n privaat stoep met braaigeriewe. Die Kingfisher-kothuis is in 'n lowerryke tuin en bied 'n uitsig oor die foreldamme. Dit het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Die Trout House is ook in 'n lowerryke tuin en word deur 'n grasperk en bome omring. Dit het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Hartebeest House het 'n grasdak en 'n bosveldgevoel. Dit het slaapplek vir 4 gaste in 2 en suite-slaapkamers.

Alle linne en handdoeke word voorsien en die eenhede word daagliks skoongemaak.

Highlander Trout Lodge is bekend vir uitmuntende, maar meer uitdagende kunsvlieghengel. Ons het 8 areas stil water van verskillende groottes en ongeveer 1 km rivierfront. Al die damme is voorsien van reënboogforel. Geelvis kom ook natuurlik in die riviersisteem en damme voor. Gaan stap op die oewer van die ongerepte Skeerpoortrivier met sy glashelder water, of hou piekniek by een van die damme of die geriewe langs die rivier.

Dit is 'n fotografie-paradys. Hier is ook uitstekende voël- en wildkykgeleenthede.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 101 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Wendy E
Saam met lewensmaat
5.0
Die rustigheid en pragtige uitsig is ongelooflik! Ons het werklik baie lekker gekuier.
Okt 2025
Riana D
Saam met vriende
5.0
Mooi omgewing, lekker huis en braaikamer. Privaat. Baie lekker gekuier.
Sep 2025
Zannae V
Saam met vriende
5.0
Sal beslis weer soontoe wil gaan! Ons het vreeslik lekker gebly. Die huis en natuur is pragtig en die water in die agtergrond is te heerlik.
Jul 2025
Willem V
Saam met lewensmaat
5.0
Uit die boonste rakke. Ons is baie, baie vriendelik en professioneel ontvang. Die verblyf was uit die boonste rakke. Ons verwagtinge is oortref. Die m...
Sien meer
Apr 2025
Izelle P
Saam met lewensmaat
4.8
Pragtige plek, het lekker gebly. Pragtige plek, het lekker gebly. Daar was alles wat ons nodig gehad het en was loopafstand van die damme.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Sandra Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 101

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Portion 83, Hartebeeshoek, Skeerpoort, 0232, Noordwes
  • Gaste dink Highlander Trout Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 2 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Portion 83, Hartebeeshoek, Skeerpoort, 0232, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe3d8636fe47a243617b15ea307864db0c8ddf77dd4904d0eab0c3c3adea0cadeb3bed79224119d77a6e7aa4b4f0c13d60efc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag, vir 2 mense 101 5 1 5 Portion 83 Hartebeeshoek 0232 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -25.844622574074 27.784808725119

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang