Hillside Guesthouse
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 142 Ridge Road, Umhlanga Rocks, 4319, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Hillside Guesthouse is 'n luukse gastehuis, gerieflik geleë in die hartjie van Umhlanga Rocks, 300 m vanaf die strand en 700 m vanaf die lewendige Umhlanga Village. Dié verblyf is ideaal geleë vir sakereisigers en vakansiegangers.
Dié verblyf beskik oor 5 luukse suites, elk smaakvol versier en met perkallinne. Elke suite het ook 'n privaat ingang, privaat patio, lugversorging, en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad, TV met DStv, yskassie, mikrogolfoond, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, Kontinentale ontbyt in die kamer, kluis en 'n haardroër. Elke suite het ook internasionale kragproppe, gratis hoë spoed WiFi en veilige parkeerplek op die perseel. Wasgoeddienste en strandhanddoeke is beskikbaar op versoek.
Die gemeenskaplike sitkamer bied toegang tot 'n ruim, onderdakpatio met 'n see-uitsig. Daar is ook gemeenskaplike braaigeriewe en 'n plonspoel wat gaste kan benut.
Hillside Guesthouse is net 30 minute se ry vanaf King Shaka Internasionale Lughawe en 15 minute se ry vanaf Durban. Die verblyf is binne maklike bereik vanaf Durban se Inkosi Albert Luthuli Konvensiesentrum, verskeie sportstadions, strande, Sun Coast Casino, Sibaya Casino, kunsvlytmarkte, uShaka Marine World, gimnasiums, verskeie gholfbane soos Umhlanga Ridge en La Lucia besigheidspark. Ook naby Durban is een van die beste inkopiesdistrikte, die Gateway Theatre of Shopping en La Lucia Mall. Die perseel is ook goed geleë vir diegene oppad na St Lucia, Hluhluwe en Umfolosi Wildreservate.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Ina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 142 Ridge Road, Umhlanga Rocks, 4319, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Hillside Guesthouse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 142 Ridge Road, Umhlanga Rocks, 4319, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang