Successfully reported
+53

Hoedjiesbaai Hotel

  • Kapasiteit: 62 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 38 Main Road, Saldanha Bay, 7395, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 360 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Die Hoedjiesbaai Hotel is in Saldanhabaai en is gedeeltelik in die water ingebou. Dit bied 'n pragtige uitsig oor die rustige baai van Saldanha en die omliggende omgewing. Die hotel is in 1970 gebou en is in 'n retro-styl met moderne afwerkings.

Ons het 32 kamers en die kamers op die tweede verdieping het privaat balkonne. Die kamers is en-suite en ruim met opsies vir 'n dubbelbed of twee enkelbeddens. Die kamers het TV met DStv, tee- en koffiemaakgeriewe, handdoeke, toiletware. Die kamers word daagliks skoongemaak.

Die hotel is perfek geleë om die Weskus te verken. Dit is 150 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en 7,2 km vanaf die Saldanha-vliegveld. Die hotel is 10,7 km vanaf die Weskus Mall en binne loopafstand vanaf winkelsentrums.

Die Eigebraai Restaurant is op die derde verdieping van die hotel geleë met 'n skouspelagtige 360°-uitsig oor Saldanha en die hawe. Geniet die tuisgemaakte plaaslike kookkuns met wyne van ons bekroonde Suid-Afrikaanse wynkelders. Die restaurant bedien ontbyt, middagete en aandete en het sy eie kroeg en sitarea.

Daar is ook 'n spa, haarsalon, 'n gimnasium, 'n dameskroeg op die grondvloer en 'n funksie- / konferensieruimte wat tot 120 mense kan huisves. Die hotel is ook die tuiste van die West Coast Mystery Room wat 'n lewendige speletjie is waar gaste verskeie raaisels moet oplos om binne 60 minute iot die kamer uit te kom.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Gimnasium
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 244 resensies

Goed

Netheid
4.0
Ligging
4.2
Waarde vir geld
3.9
Diens
4.0
Veiligheid
3.8
Gaste se hoogtepunte
Gerald N
5.0
Great. I really enjoyed my stay. I'm happy and will visit again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Patrick S
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful. What we came for. It was fine. Room 9 had a slight draft. I think it comes from the sliding door. Otherwise, no problems. Eve...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025
Leon B
Saam met vriende
5.0
Lui lekker genot. Geen klagtes nie. Julle is tops.
Des 2024
Pieter N
5.0
Sal weer. Baie lekker geslaap, was te kort.
Mei 2024
Annette L
5.0
Wonderlik! Dit was 'n fees vandat ek ingeboek het!
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

KERCIA Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 244

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 38 Main Road, Saldanha Bay, 7395, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hoedjiesbaai Hotel het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 360
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 360
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 360
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 62 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 38 Main Road, Saldanha Bay, 7395, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAApq6nPT7fBr3ETFJ1tNkPAQaRQYklnvoN73T94ueUaBCqyGHCeC?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 360 per nag, vir 2 mense 244 5 1 4 38 Main Road Saldanha Bay 7395 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.007634430545 17.945806591648
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang