Successfully reported
+64

Honne-Pondokkies

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 52 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 18 Main Road, Hondeklipbaai, 8222, Noord-Kaap
  • Vanaf R450 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Honne-Pondokkies is in die klein dorpie Hondeklipbaai aan die Namakwalandse kus geleë. Hier is vrede en rustigheid 'n leefwyse. Gaste kan kommervry in die strate rondloop en al langs die 14 km lange kuslyn wandel. Die Honne-Pondokkie is sowat 300 m van die strand af.

Akkommodasie word in 8 selfsorg-eenhede met uitsigte oor die oseaan van die stoepies af of by die kampeerplek aangebied. Daar is 7 eenhede met TV's met sekere DStv-kanale. Elke eenheid het ook 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Daar is ook 'n braai-area by elke eenheid en 'n braaikamer vir reënerige dae.

Die kampeerplek bestaan uit 6 staanplekke met hul eie braaigeriewe, krane met lopende water, kragpunte en ligte. Daar is ook 'n gemeenskaplike ablusieblok.

Gaste kan 'n skemerkelkie op die stoep geniet terwyl hulle die pragtige sonsondergang aanskou. Daar is 2 groot bomas by die kampeerarea. Daar is 'n gemeenskaplike eetkamer waar 'n warm ontbyt teen 'n ekstra koste genuttig kan word.

Daar is ook 'n pragtige swembad en braai-area vir die genot van die hele gesin. Die kleinspan kan ook by die pretpark speel. Al 8 eenhede is troeteldiervriendelik, maar op gaste se eie risiko.

Hondeklipbaai is sowat 90 km op 'n grondpad van Garies af en 200 km van Springbok af. Petrol en diesel is in Koiingaas beskikbaar wat omtrent 22 km van Hondeklipbaai af is. Daar is 3 restaurante in hierdie bekoorlike dorpie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 337 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Annamarie O
5.0
Ongerepte natuurskoon op sy beste! Ons het in Brakenjan karavaan gebly en het alles gehad wat ons nodig het. Met 'n uitsig op die see en ligtoring en ...
Sien meer
Sep 2025
Elaine V
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable. Really great. Good hosts. Best place in Honderklipbaai.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Saartjie A
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, verkwikkend. Die ruim en toegeruste Pondokkie het aan al ons behoeftes voldoen. Ons sou nog lank hier kon bly.
Aug 2025
Chani V
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige blomme gesien, lekker gebraai (braai is elke dag skoongemaak). Lieflik. Heerlik. 100 punte vir goeie aanwysings tot by blyplek. Skoon, netjie...
Sien meer
Aug 2025
Toy S
Saam met lewensmaat
5.0
Sielerus! 'N plek waar ons kon afskakel en lekker kon herlaai! Raad oor paaie ens. was baie akuraat en was baie waardeer aangesien ons die omgewing gl...
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Emdi Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 384

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 18 Main Road, Hondeklipbaai, 8222, Noord-Kaap
  • Gaste dink Honne-Pondokkies het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 450
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 450
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 450
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 52 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 18 Main Road, Hondeklipbaai, 8222, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA333aa2afe76fcadc5b49f395d14cac02baf506458d421f9b96145725e3311cb1ba0fefe117041fe6e7386832bbfb01a0d921?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R450 per nag (plek vir 4) 337 5 1 5 18 Main Road Hondeklipbaai 8222 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.315312482424 17.278478512897

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang