Hoor-Di-See
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 12 Repens Street, Dana Bay, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
- Vanaf R980 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Hoor-Di-See bied knus selfsorgverblyf met 'n privaat ingang op die eienaar se eiendom wat in die hartjie van Danabaai geleë is. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n klein gesin wat die skilderagtige Tuinroete wil verken.
Dié woonstel het gemaklike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die badkamer is toegerus met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Dié spasie het ook 2 enkelbeddens en 'n sitarea met 'n TV met Openview-kanale. Toegang tot WiFi is beskikbaar teen 'n ekstra koste.
Hierdie woonstel lei na 'n privaat patio met sitplek en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy die see-uitsigte bewonder.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Johanna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 12 Repens Street, Dana Bay, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
- Gaste dink Hoor-Di-See het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 12 Repens Street, Dana Bay, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang