Horison-Horisee
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: 29 Kajuit Avenue, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Horison-Horisee bied verblyf in 'n vakansiehuis in die kusdorpie, Jongensfontein. Dit is 16 km vanaf Stilbaai en is ideaal vir 'n gesinsvakansie by die see. Die dorpie is 'n gewilde vakansiebestemming vir branderplankryers en hengelaars.
Die huis het slaapplek vir 6 gaste, beskik oor 3 slaapkamers en het asemrowende see-uitsigte. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die 2 enkelbeddens in kamer 3 kan teen mekaar geskuif word om 'n koninggrootte-bed te maak. Die twee kamers deel 'n badkamer wat 'n bad en 'n stort het.
'n Bababedjie met 'n matras vir ‘n baba of 'n kleuter is op versoek beskikbaar.
Die kombuis is met groot yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolf en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n binnebraai en 'n buitebraai-area. Die opwaskamer is met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus.
Die leefarea lei na 'n houtdek waar gaste ontbyt kan eet, braai of 'n skemerkelkie kan drink terwyl hulle die pragtige see-uitsig bewonder. Daar is ook 'n tweede sitarea met DStv en Netflix, en gratis WiFi word voorsien.
Jongensfontein het verskeie doendinge, soos swem, skubaduik, snorkel, visvang, branderplankry en gholfspeel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Ria Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 29 Kajuit Avenue, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
- Gaste dink Horison-Horisee het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: 29 Kajuit Avenue, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang