Horison-Horisee
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: 29 Kajuit Avenue, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Horison-horisee is 'n pragtige vakansiehuis in die kusdorpie Jongensfontein, 16 km vanaf Stilbaai en is ideaal vir 'n gesinsvakansie op die strand. Die dorp is 'n gewilde bestemming vir branderplankry-entoesiaste en spog met goeie toestande vir hengelaars.
Dié smaakvol gemeubileerde huis bied slaapplek aan 6 gaste in 3 slaapkamers en spog met skilderagtige see-uitsigte. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en sy en suite-badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die twee enkelbeddens in Kamer 3 kan op versoek saamgeskuif word om 'n koninggrootte-bed te vorm. Hierdie kamers deel die gebruik van die tweede badkamer wat met 'n bad en stort toegerus is.
'n Kinderbedjie met 'n matras vir 'n baba of 'n kleuter is op versoek beskikbaar.
Die kombuis is toegerus met 'n groot yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond en eetgerei. Daar is ook 'n binnebraai en 'n buitebraai-area. Die opwaskamer is toegerus met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër.
Die leefarea maak oop op 'n houtdek waar gaste ontbyt kan eet, braai of 'n skemerkelkie kan drink terwyl hulle die pragtige see-uitsig bewonder. Daar is ook 'n tweede sitarea met DStv en Netflix, en gratis WiFi word voorsien.
Jongensfontein bied besoekers 'n verskeidenheid doendinge soos swem, skubaduik, snorkel, visvang, branderplankry en 'n gholfbaan.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Ria Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 29 Kajuit Avenue, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
- Gaste dink Horison-Horisee het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: 29 Kajuit Avenue, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang