Hugenot View
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 24 Okt 2025 tot 9 Nov 2025.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 11 Berg Street, Denneoord, George, 6529, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 650R1 100 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Hugenot View is 'n selfsorgtuinkothuis in 'n rustige deel van George, net 850 m van die Botaniese Tuine met sy weeklikse parkrun af. Die kothuis is op 'n residensiële perseel waar die eienaar ook woon, tog is dit privaat met sy eie afstandbeheer-ingang en parkeerplek.
Die kothuis is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die aparte badkamer het 'n stort en 'n bad. Ander kamergeriewe sluit WiFi, 'n TV met die volle DStv-pakket en Netflix in. Daar is ook 'n omsetter wat die WiFi en TV tydens beurtkrag aan die gang hou. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond en basiese toebehore toegerus.
Geriewe op die perseel sluit 'n Weber-braai en veilige parkeerplek in.
Die kothuis is gerieflik geleë en funksioneel vir 'n sakereisiger, vakansieganger of avonturier. Gaste kan hul oggendkoffie op die dek met 'n uitsig oor die Outeniekwaberge geniet en dalk selfs deur die poue besoek word.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Andrea Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 31
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 11 Berg Street, Denneoord, George, 6529, Wes-Kaap
- Gaste dink Hugenot View het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 11 Berg Street, Denneoord, George, 6529, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang