Ibis Rest
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 21 Lobotes Road, Tugela Mouth, Mandeni, 4492, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 100 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Ibis Rest is 'n lieflike selfsorghuis naby die strand by die Tugela-riviermonding en ideaal vir 'n gesinsvakansie.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed. Al die slaapkamers het plafonwaaiers. Die eerste badkamer het 'n bad en 'n stort, en die tweede badkamer het 'n stort.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n toonbank met stoele. Langs die kombuis is daar 'n knus sitarea met gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met Openview-kanale. Gratis WiFi word voorsien. Die leefarea het 'n etenstafel, 'n kisvrieskas, 'n ekstra yskas-vrieskas en 'n veerpyltjiebord.
Buite is daar 'n onderdakstoep met sitplek en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en 'n alarmstelsel dra tot gaste se veiligheid by.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Cornelia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 21 Lobotes Road, Tugela Mouth, Mandeni, 4492, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ibis Rest het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 21 Lobotes Road, Tugela Mouth, Mandeni, 4492, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang