Successfully reported
+46

Imberbe

Spesiale Aanbod 35% af

Kry 35% af. Geldig vir verblyf vanaf 16 Sep 2025 tot 10 Des 2025.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 16 Moira Street, Struis Bay, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 000 R1 950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Imberbe is 'n lieflike selfsorgwoonstel vir 4 mense in Struisbaai wat 'n ononderbroke uitsig oor die see bied.

Die eenheid is op die eerste verdieping van die hoofhuis geleë met 'n privaat ingang, die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -eetarea, asook 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en maak gebruik van 'n badkamer met 'n bad, 'n handstort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Alle beddens het elektriese komberse. Die buitestort het warm en koue water. Daar is ingeboude kaste in al die kamers.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, breekware, eetgerei en 'n skottelgoedwasser asook tee- en koffiemaakgeriewe. Etes kan by die etenstafel geniet word, en gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met volledige DStv-kanale, Showmax en WiFi-toegang is beskikbaar en daar is USB-poorte vir gaste om hul fone te herlaai.

Die leefarea maak oop op 'n ruim patio met braaigeriewe en 'n portaal Weber-braai. 'n Spesiale visbraairooster is beskikbaar. Onderdakparkeerplek in 'n motorhuis met afstandbeheer is beskikbaar. Daar is toegang vanaf die motorhuis na die eenheid via trappe.

Pamflette met inligting oor uitstappies in die Strandveld, Overberg, asook doendinge
in Struisbaai en Agulhas, beskikbaar is. Daar is bergfiets- en voetslaanroetes naby.
Die kuslyn is ongeveer 600 m van die eenheid af.

Daar is 'n omskakelaarstelsel sodat die eiendom nie deur beurtkrag geraak word nie.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Juan T
Gesin met tieners
5.0
Wondelike verblyf met 'n asemrowende uitsig! Rustig en veilig! Het dit beslis geniet! Alles was perfek! Die eienaars het uit hulle pad gegaan om ons t...
Sien meer
Okt 2025
Alisha V
Gesin met klein kinders
5.0
Skoon, pynlik netjies en 'n uitstekende plek om uit te rus. Ons was so bederf deur Tannie Louisa en Oom Etienne. Gedurende die vyf dae wat ons daar ge...
Sien meer
Sep 2025
Riaana F
Gesin met klein kinders
5.0
Peaceful wonderful stay. We had a wonderful stay! The host was incredibly friendly and welcoming, and all the little touches made it ex...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Francois V
Saam met lewensmaat
5.0
N plek om rustig te kan raak. Baie tuis gevoel. Mooi uitsig. Lekker rustig.
Jun 2025
Helané T
Saam met lewensmaat
5.0
Ons was mal oor Imberbe en veral die uitsig van die see! Imberbe is so mooi en netjies. Die eienaars is baie vriendelik en gasvry.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Etienne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 65

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 16 Moira Street, Struis Bay, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Imberbe het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 000
R 3 000 R 1 950
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R3 000
R 3 000 R 1 950
per nag (plek vir 4)
Vanaf R3 000
R 3 000 R 1 950
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 16 Moira Street, Struis Bay, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA97130f9e2444135e6ad179f9e6c57903b14c08465059421331559a976c260192906c96da7e68eb0dcab2efcbef253833ee67?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 000 nouVanaf R1 950 per nag (plek vir 4) 65 5 1 5 16 Moira Street Struis Bay 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.810860078567 20.029666096166

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang