Imoyo Inn
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 20 Kus Road, Sandbaai, Hermanus, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R12 000 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
Imoyo Inn is 'n mooi dubbelverdiepinghuis oorkant die strand in Sandbaai, Hermanus, en is ideaal vir 'n vakansie saam met familie of 'n groep vriende.
Dié eiendom is lekker groot en omhein, en bied slaapplek aan 14 gaste. Dit beskik oor 5 slaapkamers en 5 badkamers in die huis. Twee van die slaapkamers op die boonste verdieping het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer op die boonste verdieping het 2 enkelbeddens en dit maak van 'n aparte badkamer met 'n bad gebruik. Die 2 slaapkamers op die onderste verdieping het elk 'n koningingrootte-bed, maar slegs 1 van hierdie kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander slaapkamer maak van die vyfde badkamer met 'n stort gebruik. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n toonbank met stoeltjies. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Verder is daar 'n eetarea met sitplek vir 8, sowel as 'n ingeboude braai. Daar is ook 'n buitebraai-area deur die agterdeur, sowel as veilige parkeerplek agter 'n hek met afstandbeheer.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Theresa Geverifieer
Eiendomme 16
Resensies 56
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 20 Kus Road, Sandbaai, Hermanus, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Imoyo Inn het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 20 Kus Road, Sandbaai, Hermanus, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang