Impangele River Lodge
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mjejane Bush Camp Road, Hectorspruit, 2021, Mpumalanga
- Vanaf R13 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Impangele River Lodge is 'n dubbelverdieping-selfsorghuis in Mjejane Boskamp, Hectorspruit, 'n privaat wildreservaat. Dit is die ideale opsie vir gesinne of groepe vriende.
Dié verblyf het lugversorging en bied slaapplek aan 10 gaste in 5 en suite-slaapkamers. Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in die aparte opwaskamer. Die kombuis het 'n etenstafel met sitplek vir 10 en die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket. Daar is ook 'n kroegarea met stoele en gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n dek met buitemeubels en 'n uitsig oor die randvloeiswembad en wild wat by die Krokodilrivier net voor die huis verbygaan. Die stoep het 'n ingeboude braai en daar is ook 'n boma-braai met 'n rivieruitsig. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Gaste kan op 'n privaat wildrit in die Mjejane Wildreservaat gaan of deur 'n privaat ingang na die Krugerwildtuin gaan.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Jessica Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Mjejane Bush Camp Road, Hectorspruit, 2021, Mpumalanga
- Gaste dink Impangele River Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mjejane Bush Camp Road, Hectorspruit, 2021, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang