Intundla's Rest
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 424 Karee Avenue, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R1 750 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Intundla's Rest is 'n selfsorgvakansiehuis in Marlothpark, 'n natuurreservaat en vakansiedorp suid van die Krugerwildtuin. Hier wei vrylopende wild soos koedoes, kameelperde, sebras, vlakvarke en wildebeeste.
Die grasdakhuis het plek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n solderkamer, 3 badkamers, 'n leefarea en 'n kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is in die kothuis langs die hoofhuis en het 'n dubbelbed en 'n aparte badkamer met 'n stort. Daar is ook koffiemaakgeriewe en 'n yskas. Die solderkamer lei na 'n dek, het 2 enkelbeddens en bied toegang tot sy eie badkamer met 'n stort.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, oond, gasstoof, mikrogolf, skottelgoedwasser, koffiemasjien, ketel en broodrooster toegerus. Daar is 'n gemaklike sitkamerstel en 'n etenstafel vir 6 in die leefarea. Daar is ook lugversorging in twee van die slaapkamers en die leefarea. Die leefarea het 'n TV en die huis het gratis WiFi en 'n alarmstelsel. Daar is ook 'n omsetter vir die WiFi in die geval van beurtkrag, sowel as 'n omsetter waaraan die TV, yskas-vrieskas, alarm en lig gekoppel is.
Die huis bied toegang tot 'n stoep wat 'n uitsig oor die plonspoel en die boma bied. Daar is veilige parkeerplek op die perseel wat deur 'n plaaslike sekuriteitsfirma beskerm word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Sarel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 424 Karee Avenue, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Intundla's Rest het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 424 Karee Avenue, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang